Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Gepubliseerde digters

Eden


Johann de Lange - 2011-09-15

Eden

Michelangelo in sý sprokie
vra: Wie het vir wié verlei?
Die serpent strengel oerwys
óm die stamboom en voer
intiem met Eva ’n gesprek.
Haar wang is in ’n om-
kyk weggedraai van Adam
se halfstyf vogel pront
na haar uitgestrek.
Is slang-&-appel hiér
net metafoor vir ’n ander
soeler vrug wat sy wil proe,
of wil die skilder ons laat tob
oor die eerste, óér blow job?