Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Resensies | Reviews

The Table is deurgeroer met deernis en besprinkel met magiese realisme


Ingrid Botha - 2011-09-15

The Table
By die Laager by die Markteater, Johannesburg
03-18 September 2011

Rolverdeling: Annabel Linder, Brian Webber, Janet Hampton Carpede, Karin van der Laag, Khabonina Qubeka en William Harding
Regie: Sylvaine Strike
Skrywers: Craig Higginson en Sylvaine Strike

Resensie

“Ons mag voel of ons nêrens inpas nie, maar dit is die enigste plek waar ons werklikwaar behoort. Hierdie plek genaamd familie.” – Medeskrywer en regisseur van die magies-realistiese toneelstuk The Table, Sylvaine Strike.

Vier Joodse kinders word genooi vir Sjabbat by hul ma een Vrydagaand kort na hul pa se dood. En soos dit maar met enige groot gesin gaan, neem dit nie lank voordat chaos om die etenstafel uitbreek nie. Tot hul arme ma en die huishulp se frustrasie stry en baklei die sibbes onder mekaar, ding mee met mekaar vir aandag, en word daar gepik op die swart skaap van die familie.

Die supertalentvolle regisseur Sylvaine Strike, wat fisiese teater in Frankryk studeer het, kry dit alweer reg om haar gehore absoluut te betower! Haar jongste projek, vars uit Grahamstad, nooi haar gehoor om aan te sit vir ete waar ’n smaaklike dis met sorg gemaak is van een koppie verraad, ’n eetlepel jaloesie, ’n skeut humor en vergifnis, deurgeroer met deernis en besprinkel met magiese realisme. Smaaklike ete!

Sylvaine (Fortunately, Coupé en die fluisterstem van Sel C) vertel dat The Table se storie geskoei is op ’n ware Holocaust-oorlewingsverhaal wat vier jaar gelede aan haar vertel is, terwyl sy en haar gesin by haar skoonfamilie in Israel gekuier het. Van toe af het die verhaal in haar kop bly vassteek totdat sy en Craig Higginson die storie in ’n toneelstuk omskep het. In die Tweede Wêreldoorlog het ’n Joodse gesin ’n tafel begrawe om dit weg te steek van die Nazi’s. Na die oorlog het daar net een familielid oorgebly om die tafel weer te gaan opgrawe. Sylvaine het ’n rukkie gelede ’n suster verloor en toe sy hierdie verhaal hoor, het dit haar weer laat besef hoe kosbaar mens se familie is.



Klik hier om jou kaartjie by Computicket te bespreek.