Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Kompetisies | Competitions

''Tydlose liefde''-kompetisie: Mitchell’s Plain, 2011


Haaskalbaas - 2011-09-15

Girl, 56. Geskei. Working ouma, Mitchell’s Plain. Op soek na iemand wat my loneliness sal deel. Bel my as jy 50-60 is en nie uitsoekerig is nie. Vir vriendskap, miskien meer. No chancers please.

Guy, 50. Haai, ek’s ’n Malay gent, luking 4 vrou 20-60 met big boobs nd wide hips vir daytime pret. Net MP, asb.

Dus, deur Daily Voice (Ons Skrik vir Niks) se “Hot Dates”-kolom vind hierdie twee mekaar. Hy’s natuurlik getroud. Bring blomme. Sy nooi hom in. Sy verpleeg; hy’t lanklaas werk gehad.

“Ek’s Shireen [vat jy ’n kans?],” nooi sy hom in.

“Bly te kenne, ek’s Ali Slamdien [jy's maar maer],” steek hy sy hand uit. Terwyl die kleinkinders buite speel, sit hulle oorkant mekaar. Hy praat van sy ou hond; sy gee die tuisgebak aan.

Later, baie later, kom soek die kleintjies aandete. Binne stort die maanskyn deur die vensters. Shireen en Ali sit styf langs mekaar op die bank [en daar los ons hulle].