Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices > Afrikaans

Kennisgewing: Wie praat nou? nou beskikbaar


2011-09-13

Wie praat nou? – ’n Gids na die wêreld van geestelike energie
Skrywer: T Goosen
ISBN: 9780620482011


Dié boek is die eerste van ’n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit ’n spiritueel/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Ons gaan op die lange duur meeste van die aspekte van die lewe bespreek waaroor almal soms wonder en dan redeneer dat daar geen antwoorde daarop bestaan nie. Die hoër leringe wat u hierin gaan vind, is geensins aangepas om by mense se huidige geloofssisteme in te val nie. Geen doekies gaan omgedraai word nie. Hierdie reeks boeke is daarom gemik op daardie mense wat gereed is vir ’n hoër

Waarheid en reguit antwoorde; mense wat in ’n sekere bewussynstoestand verkeer; mense wat gewillig is om uit te reik na ’n hoër begrip van die lewe en wat smag na innerlike en uiterlike vryheid, vrede en oorvloed. Is jý gereed om ou, uitgediende en onpraktiese geloofsoortuiginge te laat vaar en dit te vervang met ’n hoër Waarheid? Indien wel, hallo en welkom liewe Medeskepper. Kom leer meer van jouself en Self, jou lewensomstandighede, ander mense, die lewe in die algemeen, God, Sy Skepping, die werkinge daarvan en die interaksie tussen alle dinge.

Om ’n gratis PDF-dokument (21 bladsye wat uittreksels en die volledige indeks bevat) te ontvang, stuur gerus ’n e-pos aan: wiepraatnouboeke@vodamail.co.za. Die boek kan ook direk bestel word deur ’n e-pos aan lg e-posadres te stuur.