Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Kompetisies | Competitions

''Tydlose Liefde''-kompetisie: Woodstock 2011


Ingo Johannes - 2011-09-08

Main Road, Woodstock. Hy – toeris, Frankryk. Sy – Mitchellsplein. Hy wil die Kaap verken. Sy – op pad werk toe. Al twee in ‘n minibus-taxi. Langs mekaar.

Sy fyn, fraai en skaam. Hy luidrugtig, sjarmant en voor op die wa. Haar selfoon val. Hy tel dit op. Aanraking. Elektrisiteit. Haar hart klop vinniger. Sy mond raak droog. Stilte.

Meteens praat al twee gelyk. Glimlag vir mekaar. Oogkontak. Ligsinnige gesprekke volg. Alle klank rondom uitgedoof. Niks nou belangriker as die oomblik nie.

Taxi bereik haar afklimpunt. Telefoonnommers word haastig uitgeruil. Sy klim af. Hy mis sy bestemming – ingedagte, muisneste, verlief.

Bel haar, sy antwoord. Eerste afspraak. Hulle kliek. Verlengde vakansie. Blomme. Etes. Handevashou. Soen. Kafoefel.

Twee vliegtuigkaartjies na Parys. Ouers ontmoet. Mooi troue, min gaste.

Kaapstad. Huur woonstel. Soek werk.

Drie weke laat. Pienk strepie bevestig die vermoede. Ekstase.

Werksonderhoud. Aangestel – begin volgende week.

Babaklere. Bottels. Doeke. Babaname. Voel hoe skop sy/hy!

3,1 kg. Pa se naam, pa se klong.