Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Kompetisies | Competitions

''Tydlose Liefde''-kompetisie: Stasiestraat 9 – 1986


Thea Kruger - 2011-09-08

Wil jy hê ek moet voel vir kinders wat honger ly? Ek voel vir hulle. Wil jy hê ek moet siekes dien wat in die hospitaal sterf? Ek sal hulle dien. Wil jy hê ek moet moeders troos wat treur, wie se kinders struikel in ons daaglikse oorlewingsoorlog? Ek sal hulle troos.

Wil jy hê ek moet opstaan teen haat en verdrukking? Ek staan op.

Maar hierdie seer is myne. Privaat. Dit vul elke gedagte van my, besoek my in my slaap. Dit vreet aan my hart, my hoop en my gewete. Ek het jou innig lief. Ek het jou verloor … en dit ruk my verbete.