Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuut by LAPA Uitgewers


2011-09-08


Nuut by LAPA Uitgewers
dié Augustus:

Net ’n lewe, Thomas@rock-ster.net, ’n Nuwe dag, Willemien, Spogresepte.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Formaat:

Sagteband; 129 x 198mm

ISBN:

9780799351606

Prys:

R170,00



Klik en koop

Net ’n lewe
Skrywer:
Fransi Phillips

Net ’n lewe is die wenner van die LAPA-Romankompetisie 2010/2011.

Die hoofkarakter van Net ’n lewe laat ’n dagboek na waarin sy lakonies, sinies én snaaks probeer sin maak van haar lewe. Sy is tegelyk donker, grappig, robuust, boheems, hierdie sonderlinge girl van Pretoria wat nie ’n wag voor haar mond kan hou nie. Mettertyd word sy die stem van almal wat te midde van die heersende politieke woesteny hulle eie lewenstryd stry.

Net ’n lewe is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.


Ouderdomsgroep  : 11+

ISBN: 9780799350807

Prys:
R80,00

Klik en koop


Thomas@rock-ster.net
Skrywer: Carina Diedericks-Hugo

Thomas@rock-ster.net is die agtste boek in die gewilde Thomas@-reeks, maar dié boek is anders as enige jeugboek wat al ooit in Afrikaans verskyn het. Dit bring aan die leser ’n geïntegreerde leeservaring met opwindende ekstras soos:

  • QR-kodes wat jou lei na ’n foto, klankgreep en video.
  • ’n Spesiale MXit-kanaal net vir Thomas en sy vriende.
  • Thomas en Thabo se nuwe gunstelingspeletjie, Fangs.
  • Die Radikale Rockfees se webblad waar jy self ’n rock-ster kan word en jou eie musiek kan meng.

Die gedrukte boek lei die leser na elektroniese platforms wat die storie en teks ondersteun en die leeservaring verryk.

Die Thomas@-reeks is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za

 


Formaat:
Sagteband; 129 x 198mm

Prys:
R165,00

ISBN:
9780799351590
 

Klik en koop

’n Nuwe dag
Skrywer:
Dorothy Fourie 

’n Debuut-liefdesroman van een van die drie finaliste in die rooi rose/LAPA- liefdesverhaalwedstryd in 2008.

Lukas met sy donker, broeiende oë en sy stiltes is nie die soort man vir wie mens geheime durf hou nie. En Lena het ’n pynlike geheim wat haar folter, maar dis haar geheim.

’n Nuwe dag is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.




Formaat: 
Sagteband; 129 x 198mm

ISBN:
9780799351491

Prys:
 
R165,00




Klik en koop


Willemien
Skrywer: Chanette Paul

Op aandrang van lesers verskyn die heruitgawes van Chanette Paul se gewilde Davelvroue-reeks – met splinternuwe voorblaaie en in groter formaat.

In Willemien (1909, Tamara se broerskind) speel die taalstryd ’n rol. Wat gebeur as ’n vrou, wat ’n konsentrasiekampkind was en wie se hele familie feitlik uitgewis is deur die Engelse, verlief raak op ’n Ier? En as sy boonop ’n stryder vir die taal is en haar liefde vir die man verg dat sy Ierland toe moet trek?

Willemien is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.


Formaat:
Sagteband; 280 x 210mm

Prys:
R 225,00

ISBN:
9780799350951




Klik en koop

Spogresepte
Samestellers:
Lede van die Suid-Afrikaanse Vroue-Landbou-unie

Spogresepte is ’n spogboek wat 200 liplekker resepte bevat, en is saamgestel deur die lede van die Vroue-Landbou-unie ter viering van hul 80ste bestaansjaar.

Hierdie lekkerlees-kookboek bevat resepte vir tradisionele en eietydse geregte wat geskik is vir gewone gesinsetes en vir die onthaal van gaste. Die resepte is ekonomies en bevat alledaagse bestanddele wat in die meeste huise se koskaste gevind sal word.

Spogresepte isbeskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.