Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > NB-Uitgewersportaal | NB Publishers Foyer

Nuut by NB-Uitgewers


2011-09-08

Nuut by NB-Uitgewers dié September:

Kronkelpad, Piekniek by Hangklip, Kopwond: Vergete slagoffers van die Bosoorlog, Soetgoed, The (essential) Companion for Writers and Editors en Jamie James and the Curse of the Ancestors

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
9780624053873
Prys: R195


Kronkelpad
Irma Joubert

Dr Lettie Louw se vriendinne trou die een na die ander – maar niemand sien vir háár raak nie. In 1947 gaan sy terug na die Bosvelddorpie waar sy grootgeword het en neem haar pa se praktyk oor. Marco Romanelli beland om gesondheidsredes in 1948 op dieselfde Bosvelddorpie en Lettie word sy dokter. Die liefde tussen hulle blom, maar dan breek die polio-epidemie van die jare vyftig uit – met tragiese gevolge …

Klik hier en koop jou eksemplaar van Kronkelpad nou van Kalahari.net!


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798156035
Prys:R220


Piekniek by Hangklip
Kerneels Breytenbach

Tydens ’n mislukte motorkaping skiet Joshua Gumbo, lid van die Lucky Thirteen-sindikaat in Johannesburg, Sonja Griessel se ouers dood. In die proses struikel sy uit die voertuig en plant ’n soen op haar kaper se mond. Joshua glo dat dié soen hom van sy mojo beroof het. Joshua en Sonja se paaie is bestem om vir oulaas te kruis – by ’n piekniek by Hangklip. ’n Stilistiese kragtoer wat lesers lank sal bybly.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Piekniek by Hangklip nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624052876
Prys: R170



Kopwond: Vergete slagoffers van die Bosoorlog
Anthony Feinstein

In die Grensoorlog kry ’n jong dokter sy vuurdoop in die weermag. Met slegs ’n blitskursus in psigiatrie moes Anthony Feinstein skielik honderde getraumatiseerde soldate behandel. Alkoholisme, slapeloosheid en gewelddadigheid was aan die orde van die dag onder sy pasiënte. ’n Aangrypende ware verhaal oor die trauma en onsigbare wonde waaroor soldate selde praat. Ook in Engels beskikbaar as Battle Scarred.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Kopwond: Vergete slagoffers van die Bosoorlog nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau en Bookstorm
ISBN:
9780798156066
Prys: R140


Soetgoed
Marlene van der Westhuizen

In Soetgoed bring Marlene van der Westhuizen bekende Kaapse staatmakers en heerlike ouwêreldse smake uit die Franse platteland bymekaar. Die boek bevat net meer as 60 resepte vir nagereg wat ingedeel is volgens die seisoene. Hou die familie gelukkig met Griet se neuterige piesangbrood en Ouma Mollie se lemoenpoeding, of beïndruk jou vriende met sjampanje-jellie met bessies of pistachio-koek en Noble Late Harvest.

Klik hier en koop Soetgoed nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Pharos
ISBN:
9781868901227
Prys:R250


The (essential) Companion for Writers and Editors
Owen Hendry

’n Eenstop-naslaanwerk vir skrywers, teksversorgers en enigiemand wat Engels korrek en akkuraat wil gebruik. Bevat inligting van ensiklopediese en grammatiese aard om naslaanwerk in één bron te vergemaklik.

The (essential) Companion for Writers and Editors is a ready reference for information commonly required, errors commonly committed, conventions commonly accepted, and problems and language idiosyncrasies commonly encountered by writers and editors as well as teachers and general users of English.

Klik hier en koop The (essential) Companion for Writers and Editors nou by Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau en Bookstorm
ISBN:
9780798155809
Prys: R130


Jamie James and the Curse of the Ancestors
Roy Aronson

’n Magiese storie oor ’n jong seun se sending om ’n twee honderd jaar oue vloek wat oor sy familie uitgespreek is, te verbreek. In die proses kom hy met wonderlike karakters (in mens en dier) in aanraking wat hom help om nie net sy verlede nie, maar ook homself te verstaan. Daar is ook humor en romanse in die storie.

A magical story of a young boy’s mission to have his family released from a two hundred year old curse. In the process he meets Samantha, the love interest in the story, and Shadrak, the son of a Sangoma. We also meet an elephant and a cheetah who play a huge part in Jamie’s understanding of himself and his past. An adventure story set against the backdrop of an interesting milieu where caring for wildlife animals are at the forefront.

Klik hier en koop Jamie James and the Curse of the Ancestors nou van Kalahari.net!