Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices > Afrikaans

Boekbekendstelling: Daai ding loop in jou bloed


2011-09-08

Protea Boekwinkel, Stellenbosch  en Protea Boekhuis nooi u hartlik om te om deel in die bekendstelling van Daai ding loop in jou bloed.

Saterdag 17 September om 11:00
Andringastraat, Stellenbosch (Net agter die Nuwe Letteregebou)

Kom geniet ’n glasie van Delheim se beste en vra die outeurs om jou boek te teken!


Iets oor die boek

Die stories in hierdie boek gaan jou omklits. Jy gaan soms jou maag vashou van die lag, maar jy gaan ook gereeld ’n sakdoekie nodig hê om jou oë weer te laat fokus.

Lené Malan en Aneta Shaw besluit om die spoor van die Nama-mense (afstammelinge van die Khoi-Khoi) van die Noord-Kaap te volg. Hulle vertrek met die doel om uit te vind hoe die kulture daar verskil van hulle eie, maar word uiteindelik oorweldig deur die manier waarop hulle verwelkom word in die hart van hierdie gemeenskap.

Dit het dalk begin as ’n soeke na “objektiewe” feite en inligting, maar het mettertyd gelei tot ’n proses van selfondersoek en ’n intieme interaksie met die mense van Namakwaland.

Hierdie boek, met sy aangrypende verhale, is ’n nuutjie in Afrikaans, maar dit sluit aan by ’n groeiende internasionale tendens. Laurel Richardson*, ’n Amerikaanse kenner op hierdie gebied, het soos volg oor hierdie metode geskryf toe sy en haar man ’n soortgelyke reis onderneem het:

We experience the same sites, but refract them through different professional eyes, genders, sensibilities, biographies, and spiritual and emotional longings. We each independently write a personal narrative essay, inspired by the travel; we read each other's narrative; we engage in wide-ranging (taped/transcribed) conversations across disciplinary lines. We talk about writing – ethics, authorship, collaboration, witnessing, fact/fiction, audiences, relationships and the intersection of observation and imagination.

*Richardson, Laurel & Lockridge, Ernest. 2004. Travels with Ernest: Crossing the Literary-Ethnographic Divide. Walnut Creek, CA: Altamira Press.

Oor die Outeurs

Lené Malan het navorsing oor die vertelkuns aan Bristol Universiteit in Engeland gedoen. Aneta Shaw het in haar doktorale verhandeling gekyk na die lewens en aanpassings van Suid-Afrikaanse diplomaatgesinne regoor die wêreld, met ’n fokus op die oorsteek van persoonlike en kulturele grense”.