Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Sing ’it

Sing 'it | Foto's: Op die stel van TV-advertensie 3


iScream & the Chocolate Stix - 2011-09-08

At the break of dawn on Friday the 24th of June, the LitNet project team for Sing ’it gathered at the LitNet offices for the shoot of the official advertisements/virals for LitNet and Sanlam’s new initiative, Sing ’it.

Teen dagbreek Vrydag 24 Junie het LitNet se Sing ’it-projekspan by LitNet se kantore bymekaar gekom vir die verfilming van die amptelike advertensies / virale advertensies van LitNet en Sanlam se nuwe inisiatief, Sing ’it.

Die regisseur, Derick Muller, en sy span van The Suits het die LitNet-span op stel vergesel. The Suits is die brein agter die onlangse produksie van gesofistikeerde, filmstyl-boekvoorskoue vir NB-Uitgewers en is ook bekend vir hulle betrokkenheid by die POMP-advertensies. 

Die veteraanakteur Deon Lotz (Roepman en Skoonheid) is die hoofkarakter in al drie advertensies. Die advertensies bevat almal ’n verrassingselement: Lotz se karakter sien nie dadelik die kunstenaar/band in die toneel raak nie; wanneer hy hulle dan wel gewaar, is hy duidelik geskok en verward. Die akteurs Adam Donnelly en Bouwer Bosch van Dans Dans Lisa-faam het deel uitgemaak van die rolverdeling. Al die stelle is haarfyn beplan om slaggereed te wees vir aksie.

Saterdag het die projekspan tesame met The Suits na ’n vierverdiepinghuis in Drieankerbaai verskuif vir die verfilming van die derde, finale advertensie. Die manne van iScream & the Chocolate Stix en aktrise Phia le Roux het kragte saamgespan om ’n slaapkamertoneel uit te beeld. Deon Lotz speel ’n pa wat koffie neem vir sy dogter wat klaarblyklik in haar kamer studeer. In werklikheid skryf sy egter lirieke vir iScream & the Chocolate Stix om in te skryf vir Sing ’it. Die band sit doodluiters in haar kamer.

Hierdie advertensies sal deel van LitNet en Sanlam se bemarkingsveldtog uitmaak vir Sing ’it en kan binnekort op MK, kykNET en aanlyn by http://singit.litnet.co.za besigtig word.

iScream & the Chocolate Stix is vroeg reeds vol grappies.
Kaapstad se weer was perfek.
Lede van iScream & the Chocolate Stix en Deon Lotz (middel) grap rond voor die kamera.
Wie ek?!
Phia le Roux en die band maak hulleself tuis op die stel.
En aksie!
Phia le Roux
Deon Lotz
Akteurs moet ook blaaskansies vat. En bandlede natuurlik ook!
Deon Lotz, Rachelle Crous en Steyn du Toit
Na ’n lang dag se werk ...
>>> Sien meer foto's op Sing ’it se Facebook-bladsy..


Foto's: Imke van Heerden

Verfilming en produksie: The Suits

Akteurs: Deon Lotz, Phia le Roux en iScream & the Chocolate Stix