Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Sing ’it

Bouwer Bosch van Dans Dans Lisa deel sy skryfgeheime


Dans Dans Lisa - 2011-09-06

 

Ek is baie bevoorreg om elke oggend met ’n melodie in my kop wakker te word.  As ek om een of ander rede nie met een wakker word nie, tref hy my in die stort.  En dit is hoekom my album Stort treffers goud gegaan het, want my beste songs perform ek net in die stort.

Daar is nie regtig ’n resep oor hoe om ’n liedjie te skryf nie. Wat ek gewoonlik doen is, ek het ’n notaboek of my laptop altyd by my en wanner lirieke of ’n interessante frase my tref, dan skryf ek dit dadelik neer. Ek het baie van hierdie "one-liners" wat ek dan weer gaan opsoek as ek by die huis is en kyk of daar iets is waarmee ek kan werk. 

Dan begin ek rondspeel op my kitaar en soek note en strukture wat ek nog nie gebruik  het nie. Die volgende deel is die lekkerste. My laptop het ’n webcam en ek sit dan met my kitaar voor my webcam en perform maar die dele wat ek kan onthou. Die lekker ding van om so te skryf is, jy kan dit altyd herroep en weer gaan luister oor ’n week en dan besluit of dit ’n goeie stuk musiek is of nie. Gewoonlik as ’n song trefferkwaliteit het, dan sal jy hom na ’n week onthou sonder om terug te gaan na die webcam-opname. 

Jy moet altyd onthou dat daar nie reëls is met skryf nie. Sommige treffers het drie koor-gedeeltes, ander het een. Dis belangrik dat jy skryf om jóú gelukkig te maak en nie om iemand te probeer beïndruk nie. Jy gaan mense kry wat nie van jou liedjies hou nie en dit is normaal – mens kan nie van alles in die lewe hou nie.

So tans op my rekenaar sit ek met meer as 60 clips van so ongeveer 60 sekondes lank met random woorde wat nie altyd sin maak nie, maar goed genoeg is om "kuns" te wees.