Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Sing ’it > Tips | Wenke

Marcia Moon deel haar liriekskryf-geheime


Marcia Moon - 2011-09-05

Om ’n liedjie te kan skryf, het jy jou kop en jou siel nodig, en partykeer net jou siel ...

’n Liedjie bestaan eintlik net uit twee goed, woorde en ’n melodie, as jy dit het, het jy die liedjie, die res is bysake. As jy ’n instrument kan speel, kan dit bydra tot die atmosfeer terwyl jy skryf, maar om ’n liedjie te skryf, hoef jy nie ’n instrument te kan speel nie.

Top tien wenke:

  1. Hou jou “kreatiewe put” vol.
  2. Gebruik jou foon as ’n diktafoon vir wanneer jy woorde of ’n melodie in jou kop kry.
  3. Onthou, ’n liedjie is pure emosie.
  4. Bepaal jou boodskap, jou “genre”.
  5. Leer ’n instrument speel.
  6. Leer soveel moontlik van jou gunsteling-“covers”; so leer jy die struktuur van ’n liedjie verstaan.
  7. Raak tegnies, breek die liedjie af, kyk na die “arrangement” en wat elke deel beteken.
  8. Hou die liedjie onder 4 minute.
  9. Maak klaar met jou liedjie. Al is jy nie 100 persent tevrede nie, sal jy beter word.

Sorg dat jou liedjie die lig sien – mense moet dit hoor, dis van jou mees kosbare terugvoering!