Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Sing ’it

Inligting


2011-09-05

Inskrywings vir die Sing ’it-liriekkompetisie is nou oop! Skryf jou coolste, wildste, of mees poëtiese lirieke in en jy kan ’n iPad2 plus R3 000 kontant wen, én die kans om jou liedjie deur een van hierdie kunstenaars te laat opneem:

Karen Zoid
Jax Panik
DJ Cleo
Dans Dans Lisa
Bittereinder
iScream & the Chocolate Stix
Niskerone & SFR
Dance, You’re on Fire

Nadat inskrywings gesluit het, sal die kunstenaars deur al die lirieke gaan, elkeen hul gunsteling kies, en dit as ’n liedjie opneem! Asof dít nie die geleentheid van ’n leeftyd is nie, gaan ons jou ook ’n iPad 2 sowel as R3 000 gee vir elke liedjie van jou wat deur ’n band of kunstenaar gekies word.

>>>Klik hier vir nog videos en foto's!

Al agt liedjies sal dan op die internet geplaas word, waar dit vir ’n tydperk van twee maande gratis afgelaai kan word. Die musikant wie se liedjie die meeste afgelaai word, ontvang ’n begroting vir ’n musiekvideo van MK. As dit jóú oorspronklike liedjie was, sal jy die geleentheid hê om saam met die  kunstenaar in die video te verskyn!

Die video sal op MK sowel as ander kanale gespeel en op die internet versprei word.
Dis waar dit begin!

Lees meer oor die bands:

Karen Zoid
Jax Panik
DJ Cleo
Dans Dans Lisa
Bittereinder
iScream & the Chocolate Stix
Niskerone & SFR
Dance, You’re on Fire

Vir verdere navrae, onderhoudversoeke, of hoë-resolusie-foto’s kontak gerus vir:

Steyn du Toit
Sing ’it Projekbestuurder
E-pos: steyn@litnet.co.za
Tel: 021 886 5169