Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Kompetisies | Competitions

''Tydlose liefde''-kompetisie: Maanbasis, 2260


ewas - 2011-09-01

My diensbeurt is amper klaar. Voor die venster sien ek die blou van die aarde inskuif. Die hele planeet is feitlik onder water. Dit bly asemrowend mooi van ver af.

Sesuur stap my aflos in. Daar is niks om oor te gee nie. Dit was ‘n vervelige ses uur van niks. Tot die blou planeet se koms was daar niks. Net die donker in die skadu, die maan.

Ek stap woonkwartiere toe. My liggaam smag na liefde. Dit bruis deur my bloed en my onderlyf voel warm. Ek draai weg na die plesierkwartier. Vroegoggend is daar altyd plek beskikbaar.

Ek glip in die hokkie in en trek my klere uit. Die bed is sag en vibreer onder my. Dit is salig. Dan is daar sagte streling oor my lyf en warm soene volg my kurwes. My lende pols van smagting vir ontlading, maar die voorspel hou vir tien minute aan.

Dan voel ek die gewig op my en ek voel my geliefde robot my tot die hoogtepunt wegvoer. Hy is só goed – ek het self die program geskryf.