Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Kompetisies | Competitions

''Tydlose liefde''-kompetisie: facebook, 2011


Marike Snyman - 2011-09-01

Werner Struwig: To all the girls I’ve loved before …
6 ure gelede 

Hou hiervan Deel Lewer kommentaar

7 persone hou hiervan
Vertoon al 11 opmerkings

Elmien Botha: Dink jy darem nog aan my?
5 ure gelede        

Hou hiervan  

Zarah Lightfoot: Don’t tell my heart, my achy breaky heart :(
4 ure gelede     

Hou hiervan  


Babs Binneman: Ai Werner, jou Don Juan! Wanneer drink ons weer ’n koffie – of iets sterkers ;-)
4 ure gelede  

Hou hiervan  


Mia Struwig:  Weet Pa wat, vir die eerste keer sedert jy jou goed gevat en geloop het agter die eerste van my stiefmoeders aan, gaan ek my moer nou behoorlik strip. Ek is nou keelvol daarvoor om van my pa, wat die halfeeu-kerf ’n paar jaar gelede al verbygesteek het, se flirtasies op fb kennis te neem. En ek gaan jou nou as fb-“vriend” delete in die hoop dat jy my darem so nou en dan in die regte lewe sal kom opsoek … Want ek het jou skouer so dan en wan nog ’n bietjie nodig …
2 ure gelede  

Hou hiervan