Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Kennisgewings | Notices

Hart van Windhoek-fees


2011-09-01

As jy dink verlede jaar was Huisgenoot se Hart van Windhoek-fees lekker, gaan jy dit vanjaar dubbel en dwars geniet. Dit word vanjaar 16 en 17 September by die Doc Jubber Hokkievelde, Olympia, Windhoek gehou. Nie net is daar meer as 35 kunstenaars en hul bands wat saamspan om vermaak uit die boonste rakke te verskaf nie, die internasionale sangsensasie Westlife kom heelpad van Ierland om ons op Vrydag 16 September te vermaak.   

“Ons is baie opgewonde oor vanjaar se fees,” sê Willem Breytenbach, hoofbestuurder van Media24 se Weeklikse Tydskrifte. “Vanjaar is groter en beter as verlede jaar en dit is veral Westlife wat die skares gaan lok.”

Dit is die tweede jaar dat Huisgenoot die Hart van Windhoek-fees in samewerking met Hilltop Live aanbied. FNB Namibië, KykNet, Tafel Lager en Shoprite en Checkers span ook saam om dit ’n treffernaweek te maak. Shoprite en Checkers sorg vir ’n kos-area met allerhande kosstalletjies sodat almal kan smul aan egte Windhoek-kos. 

Die finaliste van Shoprite en Checkers se Namibiese boereworskompetisie sal mense ’n voorsmakie gee van hul wenresepte en die boereworskampioen stap met ’n splinternuwe motor weg.    

Tafel Lager is die amptelike koue goue van die fees en sal sorg vir meer as 100 meter-kroegruimte, tewyl FNB finansiële dienste bied. KykNet sal dinge op kamera vaslê en kinders kan uitsien na ’n KykNet-kinderarea met speletjies, springkastele en hul gunsteling-TV-karakters.   

Die voorlopige program vir Vrydag 16 September en Saterdag 17 September lyk só:

Vrydag

Hekke open om 13:00. Seremoniemeester: Ashley Pienaar.

Kunstenaars (hoofverhoog): Karlien Husselman, Willem Botha, Charlize Berg, Snotkop, Heinz Winckler, Ludik, Koos van Zyl, Thysa Jacobs, Joggie en André, Gal Level, Rouhan de Jager, Wambüseun. Hoofoptrede deur Westlife. By Shoprite en Checkers se kostent-verhoog sal die finaliste van die 2011 Champion-boereworskompetisie van hul wen-boerewors aanbied om te proe en uitdunne sal gehou word.


Saterdag 

Hekke open om 09:00. Seremoniemeesters: Wicus van der Merwe en Sorina die Flooze.

Kunstenaars (hoofverhoog): Charné, Kobus Muller, Lee Scott, David Fourie, Dewald Louw, Pieter Naudé, Viljoen Retief, Adam Tas, Wicus van der Merwe, George Meiring, Adam, MoniQue, Jay, Corlea, Bongi, Melissa van der Spuy, Broers, Sorina die Flooze, Die Heuwels Fantasties, Nicholis Louw, Bobby van Jaarsveld, Kurt Darren, Freshlyground, Romanz, Nianell en Theuns Jordaan.

Kunstenaars (kostent-verhoog): Koos van Zyl, Joggie en André, Thysa Jacobs, Charné, Kobus Muller, Lee Scott, David Fourie, Adam, Dewald Louw, Pieter Naudé, Broers, Viljoen Retief, George Meiring.   

As jy van ver af kom om die fees by te woon benut die Huisgenoot-reisklubpakket na Windhoek. Die pakket sluit retoervliegkaartjies, verblyf en toegang tot die fees in. Vir nog inligting bel 011-886-9545 of stuur ’n e-pos aan huisgenoot@megatrav.co.za.
   
Kaartjies vir die feesterrein is beskikbaar by Computicket in jou naaste Shoprite en Checkers teen N$205 vir Vrydag (sluit toegang na die Westlife-konsert in) en N$120 vir Saterdag. Kaartjies by die hekke sal beskikbaar wees teen N$250 vir Vrydagaand en N$150 vir Saterdag.   

Verhoogde veiligheidsmaatreëls bepaal dat daar vanjaar geen koelbokse, stoele of sambrele toegelaat word nie en geen drankies wat nie in ’n plastiekhouer gehou word, sal buite die kroegarea toegelaat word nie.   

Besoek www.hartvanwindhoek.com vir nog inligting.