Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Kennisgewings | Notices

Nederlands Diktee


2011-08-30

Dit sal vanjaar die 13e jaar wees wat die Nederlands Diktee plaasvind in SASNEV (voorheen Huis der Nederlanden), Sentraalplein 4, Pinelands, op Saterdag 26 November 2011 om 10 uur.
 
Die pryse is geskenk deur die Konsulate van België en Nederland en die diktee word ondersteun deur baie ander klubs. Deelname is gratis. Deelnemers korrigeer hul eie teks en neem na afloop hul pogings saam huis toe. Slegs die ses bestes lewer hul diktee in by Piet van Dongen, hoof van die Jurie, wat dit weer nasien en besluit wie die wenners is.

Emmy van Gelderen skryf die teks en sal dit voorlees.

Toebroodjies sal na die diktee beskibaar wees.

 Epos rogerneven@mweb.co.za  of skakel 021 847 1052 vir verdere inligting.