Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Stoffel, die model en die Buffalo Rally


Swerwer - 2011-08-30

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Dis Maandagoggend en die vennote het so pas klaar gekonfereer oor die week wat voorlê se program.

My program is lig, want ek is van Woensdagoggend af vir paar dae met verlof! Ek ry Woensdagoggend vroeg Oudtshoorn toe vir die Buffalo Rally. My opgewondenheid loop hoog.

“Stoffel, moenie loop nie, ons moet eers gesels,” roep Eric, ons senior vennoot in die prokureursfirma, my terug.

“Jong, ek het ’n groot guns om jou te vra,” sê Eric. “Melanie het gevra ek moet jou mooi vra of sy nie asseblief saam met jou kan gaan vir die naweek na die rally toe nie! “ 

Ek moer amper van my gemakstoel af van skrik. Is Eric nou van sy sinne beroof om my so iets te vra? Melanie, sy 26-jarige dogter, is ’n top-model in New York en ek het gehoor sy kuier vir tydjie by haar ouers. Sy het ’n lyf wat skrik vir niks en ek moet my altyd net inhou om haar nie oopmond aan te staar as sy in ons geselskap is nie. Moet sê, sy lyk nogal erg oor my, al is ek ’n hele klompie jare ouer as sy. Ons gesels altyd baie lekker.

“Jy het mos nie nou iemand in jou lewe nie, of hoe?” vra Eric.

Ek is nog steeds oorbluf. “Jong, Eric, ek weet nie so mooi nie. Die Buffalo is nie maklik nie en Melanie is ’n perfekte lady! Jy weet ek vat net my tweeman-tent en so min moontlik klere saam. Waar gaan sy slaap? Ek kan nie nog ’n tent saampiekel nie? Wasgeriewe is nie altyd so lekker nie en …”

“Sies vir jou jong! Ek het dit alles vir haar uitgespel, maar sy sê sy vertrou oom Stoffel met haar lewe en sy sal veilig wees. Sy sê sy kan by jou in jou tentjie slaap.”

O fok, dis nie waarop ek voorbereid was nie! “Jong, Eric …” probeer ek weer, maar hy val my in die rede.

“Jong, wat keer jy so? Ek weet mos jy sal nie aan haar raak nie. Ek vertrou jou mos ook! Santie stem met my saam dat Melanie veilig by jou sal wees en dat dit ’n wonderlike ondervinding vir haar sal wees! In ieder geval, ek het besluit om al jou uitgawes uit my eie sak te betaal as jy sou instem.”

Wat?! Hel, dit sal bak wees, dan kan ek my geld gebruik om daardie “leathers en boots” te koop wat ek so lank al soek, dink ek dadelik.

“Jong, ek weet nie ... OK, dan maak ons so,” sê ek.

“Ek gaan haar gou laat weet,” sê Eric en spring op.

Ek was net terug in my kantoor toe my foon lui. “Baie, baie dankie oom Stoffel!” gil Melanie in my oor. “Oom Stoffel sal nie spyt wees nie – ek sal my baie goed gedra … dit sal so ’n wonderlike avontuur wees!” 

Ja, meisiekind, dink ek by myself, ek wonder of jy weet waarvoor jouself inlaat.

Dinsdagaand, al ons reëlings in plek en ek gaan haar môreogend sesuur oplaai. My motorfiets is nagesien, skoon en vol sous. Ek het reeds alles – so min moontlik natuurlik – netjies op die fiets vasgemaak. My kraaknuwe uitrusting lê klaar reg, net vir aantrek. Melanie se goedjies sal, soos ons ooreengekom het, in ’n ligte rugsak gepak wees.

Ek kon nie slaap nie. Opgewonde? Ek weet nie ...

Dit is net voor ses toe ek voor Eric se stoep stop. Hy en Santie wag al twee saam met Melanie op my. Amper donner ek van my fiets af toe ek Melanie sien. Die kind het ’n denim-outfit aan wat lyk asof dit aan haar gegiet is. Daar is sulke patroontjies op haar boude en oral uitgeborduur.  O fok, hier kom moeilikheid, Stoffel, is die eerste wat deur my gedagtes flits. O wetter, ek het nie geweet die kind is so beeldskoon en mooi gebou nie, dink ek toe sy hulle groet en die nuwe valhelm opsit en handskoene aantrek wat Eric op my aanbeveling vir haar gekoop het.

Sy swaai daai been agter my oor, kry haar sit en ek beduie hoe sy om my lyf moet vashou. Sy sit effe stywe-rug en probeer om nie kontak met my rug te hê nie. Toemaar, dink ek by myself, wag net tot ons die pad vat, dan sal dit ’n ander storie wees!

Dis net na ses en ek vat die Colesberg-pad. Ek gee bietjie vet en voel hoe gryp sy my vas – hierdie 1100 cc kan nogal dominerend raak as jy hom oopdraai.

Ek kry ’n gemaklike spoed en voel sy ontspan bietjie. Hel, ek voel hoe priem daardie stywe, pragtige volronde borste my agter my skouerblaaie. Dit is asof ek die klipharde punte deur die leer van my baadjie voel.

Bloemfontein skuif agter ons in en ek gee weer effe vet. Skielik voel ek hoe sy my half krampagtig vasgryp en ek maak die gas effe toe. Die 1100 het egter die manier om effe te vibreer as jy hom teen sy vaart rem en ek hoor ’n ligte gilletjie van agter. Sy geniet dit seker, dink ek en laat waai weer. Ek voel skielik hoe haar lyf teen myne vasdruk en dis asof rilling na rilling deur haar lyf trek. Toemaar, dink ek, sy sal netnou gewoond wees aan die ry. Ek laat haar begaan en dink aan die opwindende naweek wat weer voorlê en ander pelle wat ek weer gaan sien. Daar links lê Tom&’s Place nou en ek dink eers om te vra of sy OK is, maar hou eerder verby.  

“Stop, stop!” gil Melanie skielik. Ek stop so vinnig ek kan. Die fiets staan nog nie behoorlik nie en sy is af. Sy gaan staan so drie treë links van my en buk vooroor, haar bene effe van mekaar. My eerste gedagte is dat sy naar is, maar toe sien ek haar jean se gat is papnat! Die sonnetjie se strale is reg op haar agterwêreld en skielik ruk haar lyf en ek hoor haar gedemp gil.

Ek weet sommer hierdie trippie gaan sy tol eis, want by die aanskoue van hierdie pragtige meisiekind wat so onbeheerst staan en kom, raak my stywe leerbroek skielik te klein. Ou Jaap is skielik so styf dat hy eintlik seerkry. Ek klim af en sien waar sy gesit het is die sitplek blinknat. Sy staan nog steeds gebukkend en ek trek my handskoen uit en vee ongemerk die nattigheid op my vingers. Op die ingewing van die oomblik steek ek my vingers in my mond en kry onmiddelik die fantastiese smaak in my mond. Net genoeg om my op die plek verskriklik jags te maak. Ek besef egter ek moet my inhou .

Ek gaan buk by haar en vra: “Mel, is jy OK, meisiekind?”

“Ja, oom Stoffel. Ek is verskriklik jammer, maar hierdie warm natuur van my en die vibrasie het oorhand oor my gekry!”

Ek lag saggies terwyl sy my vas in my oë kyk. “Dis maar ’n motorfiets se ding, meisiekind,” sê ek skalks vir haar. Hoe kan ek vir haar sê hoe jags is ek op hierdie oomblik. “Belowe my net om nie weer vir my oom te sê nie,” sê ek met ’n skor stem wat ek moet beteuel om nie my siedende emosie te wys nie. 

“Goed … Stoffel, dit sal lekker wees om jou so te noem. Ouderdom is in elk geval relatief en mens is so oud soos jy voel!” kom dit vonkelend van haar en ek voel hoe my regterbeen sopnat word tussen my been en die leerbroek. Ek voel duidelik ’n druppel afsak tot by my knie. Hierdie trippie ... o fok, hoe gaan ek my ingehou kry ... Eric en Santie vertrou my, dink ek.

“Kom ons ry meisiekind, Oudtshoorn lê nog ver,” hoor ek myself sê en ons bestyg die fiets sonder dat enigeen verder iets sê. Sommer met die opklimslag voel ek sy sit stywer teen my en dis asof sy my met gevoel vashou. Ook nie lank nie toe kom ek agter maar sy ry alweer hoog op ’n golf se kruin en ek voel haar hitte deurslaan na my vel toe. My voël klop krampagtig en ek voel duidelik hoe golf na golf ekstaties deur haar vloei en dit maak my rasend jags! O hel, dink ek, Mel gaan dehidreer voor ons op Driesusters kom!

Ek voel hoe haar arms om my lyf gevou is en ek voel hoe haar hitte met my lyf praat. My broek is sopnat van die lus en ek wonder by myself of hierdie leerbroek nie dalk kliphard gaan word van al die kom wat van binne af in die leer intrek nie.

Ek besef ewe skielik dat ek te gespanne is en dink aan die manier waarop sy netnou na my gekyk het toe sy om verskoning gevra het. Ek besef meteens dat sy my nou nie meer as ’n ouer man aansien nie en dat sy haarself met my gemaklik gemaak het. Dit laat my summier ontspan en ek besluit net hier en nou dat ek die trippie vir haar onvergeetlik gaan maak. Ek besluit egter dat die inisiatief van haar sal moet kom.

Soos ons aanstoot deur die dag, stop ons by elke dorp om bene te rek. Dit raak al warmer en die middagson bak deur ons klere en ek begin dink ons moet bietjie aftrek as daar weer lekker bome is.

Ek besef eensklaps dat sy my krampagtig om my lyf gryp en voor ek mooi besef voel ek hoe haar hand skugter na die middel van my bene kruip. Dit laat Jaap net harder en nog harder swel en terwyl ek voel ek wil ontplof, vat sy ou Jaap saggies dog ferm vas en begin hom sulke ligte drukkies gee. Die rillings deur haar lyf verhoog in intensiteit en sy begin ou Jaap liggies te vryf en knie. Ek wens ek kan haar vra of sy besef wat sy nou besig is oom aan my te doen en of sy besef dat daar ’n “point of no return” bestaan. Haar jong warm lyf is styf teen my aangedruk en dit voel asof daar geen material tussen ons twee lywe bestaan nie. Ek voel haar stywe vol borste soos twee warm balle agter my blaaie brand.

Daar voor sien ek ’n aftrekplek en begin om die fiets af te rat, en met elke vibrasie voel ek die effek op haar kokende liggaam hier styf teen my. My voël klop en pols en ek voel ’n storm gaan in my broek losbars. Stadig trek ek van die pad af en stop onder die groot ou koelteboom. Ek voel haar afklim en sien uit die hoek van my visor dat sy langs my staan en haar helm afhaal. Ek haal my valhelm ook af en hang dit op die fiets se regterspiëel. Mel skud haar lang bos rooibruin hare los en kom staan voor my. ’n Helse blos sprei oor haar wange en af tot in haar nek.

Mel staan woordeloos voor my terwyl sy my met twee vraende oë en ’n sagte uitdrukking diep in my oë kyk. Stadig sprei sy haar bene weerskante van my linkerbeen totdat sy wydsbeen oor my linkerbeen staan. Ek sit nog steeds op die fiets en die onsekerheid oor wat my te doen staan lê vlak. Mel druk die papnat mik van haar bene styf teen my aan en ek kan haar liefdesnes se hitte duidelik voel. Skielik lig sy haar hande en vat my gesig teer tussen haar hande terwyl sy haar lippe stadig en onseker op myne plaas. Ek is honger vir haar mond en my lippe gaan oop en begin ek om haar hartstogtelik te soen. Mel kreun in my mond terwyl sy haar nat mik in ’n sirkelbeweging driftig op my been begin maal. Ek voel hoe sy daardie pragtige twee borste teen my bors vasdruk en met sulke veebewegings oor my bors beweeg. Ek brand om te sien hoe hulle lyk en ek knoop haar denimbaadjie oop, sowel as die bloesie wat sy aan het. Ek is verras om te sien dat sy glad nie ’n bra aan het nie. Later sou ek verneem dat sy glad nie bra dra nie, omdat haar borste so vol en styf is dat dit glad nie nodig is nie.

Toe haar baadjie en bloes oop is, trek ek dit weg en kyk. Die mooiste twee volronde pienk borste lê ryp in my hande. Hulle is rosig geswel met die mooiste twee nippels, kliphard, wat ek nog ooit gesien het. Ek laat sak my mond en neem haar regtertepel sag in my mond. ’n Hoorbare sug verlaat haar lippe en dit voel kompleet of haar bene swik onder haar. Ons monde bevlieg mekaar in ’n ongekende drif en ons soen mekaar met oorgawe. Ek voel hoe die dreigende storm in my broek nou ernstige afmetings begin aanneem en ek besef ek gaan in my broek kom.

Mel trek haarself van my af weg en staan so ’n tree terug terwyl ek van die fiets afklim. My oë rek toe ek sien dat Mel besig is om haar jean voor oop te knoop en vinnig tot by haar knieë af te trek. Ek merk dadelik dat sy glad en skoongeskeer is en vir ’n oomblik lyk dit asemrowend vroulik en sensueel. “Kom Stoffel, nou kan ek net nie meer nie!” kom dit skor oor haar lippe. Sy draai haar om en kom staan met haar hande op die fiets terwyl ek my leerbroek, nou papnat tussen my bene, vinnig losmaak en laat sak. Ek draai na haar wagtende liggaam en sien haar lieflike heerlikheid oopgaan na agter, wagtend op my. In die oomblik voor ek Jaap saggies in haar nat wagtende gleuf plaas, sien ek hoe die vog tussen haar bene uitloop. Dit laat my sterre sien en ek voel hoe ek sag in haar warmte wegsak. Motors met blêrende toeters storm verby, maar vir my het die aarde stil gaan staan en gee ek nie meer om wie sien hoe ek hierdie lieflike mens een met my maak nie.

Mel gil saggies en toe gee sy haar oor en gil dat die berge antwoord gee. Met elke stootslag harder en dieper. Ek voel hoe Jaap begin swel en wil nog briek dat sy eerste orgasme kan kry, maar sy begin diep kreun “e-ek ga-aan kommm ...” en die volgende oomblik bars haar liggaam los in die geweldigste orgasme wat ek nog ooit beleef het. Ek voel hoe ek binne-in haar ontplof en ek my warm saad diep in haar inskiet. Ek voel hoe haar bene begin ruk en sy draai haar om en kom hurk voor my. Sy neem Jaap saggies in haar mond en begin om alle tekens van saad stadig van en uit hom te suig. Hy is nou so gevoelig, maar ek wil nie hê sy moet ophou nie. Sy is klaar en bring haar warm mond na myne. Ek proe die wonderlike smaak van ons beide op haar warm, sagte lippe en verlustig my daarin.

“Donner, Stoffel!” is al wat sy uitkry terwyl sy haar warm sagte lyf styf teen my vasdruk. “Kom ons ry dat ons anderkant kan kom sodat ek jou rustig kan geniet,” prewel Mel in my oor en ek bevestig terwyl ons vinnig aantrek en weer in die pad val.

Dit was asof sy sommer nou kalmer is en ek maak vuur onder die 1100 se gat.

Dit is skuins voor sewe en ons ry stadig in die kampeerterrein in. Na vinnige registrasie slaan ons gou kamp op. Terwyl Mel rustig gaan stort, gaan ek gou vir ons takeaways in die dorp haal. Daar heers die wonderlikste atmosfeer tussen ons terwyl ons land en sand gesels.

“Stoffel,” sê-vra sy uit die donker waar ons op ’n kombers voor die tweeman-tentjie lê.

“Ja, Mel,” sê ek rustig terwyl ek met my kop op haar skoot lê.

Sy vryf haar vingers liggies deur my grys hare. “Weet jy hoe geskok-bly was ek toe my pa-hulle my sê dat jy al ’n paar jaar geskei is?” sê sy sagies.

“Hoekom?” vra ek onseker. 

Sy antwoord my nie en hou net aan om my hare senuagtig deurmekaar te vryf. Ek besef skielik wat sy bedoel en verstaan hoekom sy my nie antwoord nie. Woordeloos val ons in mekaar se arms met soekende monde wat praat oorbodig maak.

Ons verskuif later in die tentjie in terwyl ons met ons naakte lywe mekaar se warmte indrink. Ons verken mekaar se innerlike liggaamlik en geestelik. Ek buk oor en soen haar teer op haar maag terwyl my lippe oor haar tintelende vel beweeg in die rigting van die kom wat tussen haar twee pragtige bene gevorm word. Ek voel die kenmerkende rukbewegings wat deur haar trek terwyl ek my lippe saggies oor haar klittie vee. My tong dartel in en uit haar kokende gleuf en ek voel hoe haar liggaam ruk en die volgende oomblik spoel haar kokende kom oor my lippe en mond en begin ek om dit gulsig te lek en slurp. Ek wil niks van hierdie godin se nektar verlore laat gaan nie.

Ek draai op my sy en bekyk hierdie goddelike lyf voor my met ’n deernis terwyl ek dit wat ek in die flou lig sien, in my geheue ingraveer. Ek dink vlugtig aan hierdie beeldskone pop se lewe daar in New York en wonder of daar iemand wag op haar terugkeer ... Ek dwing hierdie vrae uit my kop en herinner myself aan my belofte aan myself dat ek nooit weer dieselfde fout sal maak deur weer te trou nie. Ek besef egter dat ek ligvoet sal moet loop.

Ek soen haar oor haar hele lyf met lippe wat haar aan die brand wil steek van vurigheid. Mel kom regop en druk my op my rug vas en kom lê skuins oor my. Sy neem my diep in haar oop warm mond en laat hom diep in haar mond verdwyn. Ek wil gil van plesier, maar besef daar is honderde mense slegs meters ver van my tentjie. Sy beweeg haar mond in en uit oor my skag en ek kan voel hoe dit hier diep binne my begin oplaai en ek weet as sy nie nou ophou nie, gaan ek kom en haar lyflike warmte misloop. Ek vat haar sag aan haar heupe en draai haar op haar rug. Haar bene vou oop en ek voel die hitte wat vanuit haar oopgevoude heerlikheid na my roep. Die geur van liefde hang swaar in die klein ruimte van die tentjie.

Asof deur ’n magiese hand gelei glip ek in haar nat kokende gleuf in en sak stadig diep, diep in haar heerlikheid in totdat ons koorsige lywe teen mekaar stu. Haar asem jaag nou en ek begin stadig in en uit haar beweeg en dit is asof ’n enorme golf dreig om ons te verswelg. Ek beweeg nog stadiger in en uit sodat ek die fantastiese gevoel wat ek in haar ervaar kan uitrek, uitrek en nog meer uitrek.

Mel begin haar heupe na my toe oplig asof sy nog meer van my in haar wil kry. Ek besef meteens dat sy opbou na ’n magiese klimaks en hoor hoe haar kreune al harder raak. My binneste is op ’n knop getrek en ek besef ek gaan nou enige oomblik geweldig ontplof. Die volgende oomblik is dit asof die aarde oopgaan ... Ek voel hoe sy ’n verskriklike klimaks begin ervaar. Haar hele lyf ruk en sy begin skree – nee,  eerder gil. Ek begin kom en kom en ek vergeet van alles om ons en gee my totaal oor aan hierdie heerlikheid.

“Hel ou pel, hou vir my ook ’n stukkie!” hoor ek my buurman skree, maar ek voel nou fokol wie wat hoor.

Asof om haar koud te lei bly ek binne haar en beweeg stadig in en uit. Skielik ruk en bewe sy weer en ek besef sy klimaks alweer. Dit hou aan en aan totdat sy dringend saggies vir my kreun: “O hel … ek kan nie ophou kom nie ... dit wil nie ophou nie!” Ek onttrek saggies en begin haar saggies masseer terwyl ek kan voel hoe haar klimaks aanhou en aanhou terwyl sy haar lyf geboë oplig. Ek voel hoe haar storm bedaar, en sy val terug op die grond. 

“Sjoe,” sê sy saggies, “so iets het ek nog nooit ervaar nie.” 

Ons bly lê so in mekaar se arms totdat ons albei later aan die slaap raak.

 

Dit is alweer Woensdag en ek is terug by die werk. Ek kan nie aan die gang kom nie. My gedagtes maal aanmekaar terug na die naweek op Oudtshoorn. Nodeloos om te sê, ek en Mel het die naweek saam et die ander terdeë geniet, maar het ons spesiale tye gehad – báie spesiaal!

Dit is seker nie nodig om te sê nie, maar die trippie terug het ook weer sy kwota liefde gehad. Op ’n stadium het ek begin wonder wanneer hierdie ding gaan uitwoed. Ons het ook baie gepraat en ons was dit eens dat wat tussen ons gebeur het, baie spesiaal was.

Vanaand, ja vanaand, hou ek en Melanie nabetragting – om die naweek af te rond!