Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Kompetisies | Competitions

''Tydlose liefde''-kompetisie: Planeet Aarde, 2012


jnette - 2011-08-30

“Oe … ek kry so die blikkerasies,” dink Bidi terwyl sy skelm na Didi loer.

“Bidi, weet jy, jou sensors skyn darem vandag baie helder. Seker die nuwe battery.”

“Regtig Didi?” sê sy skaam en dink: Hoe kan hy tog so onnosel wees! Ons staan al vir ses jaar hier langs mekaar, eintlik op dieselfde rak, en hy sien net my “helder sensors” raak.

“Ek het gewonder … noudat ons bietjie ‘ge-upgrade’ is ... dink jy ons kan voel?”

“Genade, Bidi. Natuurlik kan ons voel. Ons het dan hierdie nuut-ontwikkelde seinversterkers gekry wat met spesiale kontroles ekstra beweging en mobiliteit bied.”

“Ek weet, ek weet … maar dis nie eintlik wat ek bedoel nie. Jy weet, voel, soos in om emosies te kan voel?”

“Ooo … daai voel.” Didi se LED helder op.

“Oeps, wag, wag, ons drade gaan knoop!”