Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Film > Rubrieke | Columns > Suzette Kotzé-Myburgh: Fliekvlooi

The Bang Bang Club: ’n Hegte, oortuigende eenheid


Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-08-24

Untitled Document

The Bang Bang Club
Regisseur: Steven Silver
Kamerawerk: Miroslaw Baszak
Rolverdeling: Ryan Phillippe, Malin Akerman, Taylor Kitsch, Neels van Jaarsveld, Frank Rautenbach
Looptyd: 106 minute



Dit het al ’n cliché geword: dat Suid-Afrika vol stories is wat smeek om verfilm te word – “ons mense” moet net begin om “ons stories” te vertel. Dít doen regisseur Steven Silver met onderskeiding.

Die film dek die jare 1990 tot 1994, sekerlik een van die belangrikste en mees plofbare tydperke in ons geskiedenis. Die storie is die lewe en werk van vier jong fotograwe: Greg Marinovich (Ryan Phillippe), Kevin Carter (Malin Akerman), João Silva (Neels van Jaarsveld) en Ken Oosterbroek (Frank Rautenbach). Hulle kan met reg oorlogsfotograwe genoem word, want in die laaste jare van apartheid het ’n kleinskaalse oorlog in Suid-Afrikaanse townships gewoed tussen die ANC en Inkatha (laasgenoemde met regeringsteun). Dit het aangehou tot enkele dae voor die 1994-verkiesing, en ’n mens besef opnuut hoe kompleks en fragiel die demokratiese oorgang in Suid-Afrika was.

Anders as die indruk wat die lokprent by my gelaat het van een aksietoneel op die ander, word die verskillende karakters behoorlik verken en uitgebeeld, en dis veral die lot van die innemende Kevin Carter wat my bybly.

Wat van die kritiek wat die regisseur gevrees het oor die twee Amerikaanse hoofspelers se aksente? Nee wat, die Amerikaanse klankie wat nou en dan by Ryan Phillippe deurslaan, verdien nie kritiek nie. Die vier manne vorm mettertyd ’n hegte, oortuigende eenheid, en ’n mens kan met trots sê dat “ons manne” nie terug hoef te staan vir die Hollywood-kêrels nie.

Definitief die kyk werd!