Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Film > Rubrieke | Columns > Suzette Kotzé-Myburgh: Fliekvlooi

Biutiful – nie ’n opbeurende kykervaring nie; tog ’n moet


Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-08-24

Untitled Document

Biutiful
Regisseur: Alejandro González Iñárritu
Kamerawerk: Rodrigo Prieto
Rolverdeling: Javier Bardem, Maricel Álvarez, Hanaa Bouchaib
Looptyd: 140 minute



Om hierdie fliek met middelklasidees van moraliteit te benader, sal die kyker nie loon nie. Dit het my laat dink aan daardie bekende spreuk van Rumi: “Out beyond ideas of wrongdoing and rightdoing there is a field. I’ll meet you there.”

Uxbal (’n swaargewig-vertolking deur Javier Bardem) is ’n middelman in Barcelona se onderwêreld. ’n Chinees bedryf ’n werkswinkel waar hy onwettige Chinese immigrante teen ’n hongerloon goedere vir die toeristemark laat maak. Dié word op straat gesmous deur immigrante uit Afrika. Uxbal hanteer die omkoop van ’n polisieman om te sorg dat die wetstoepassers anderpad kyk. Omdat die Afrikane ook dwelms verkoop, slaan die polisie toe en arresteer Uxbal se skakelman. In ’n keiharde wêreld waar slegs die sterkste (of dalk die skelmste) oorleef, is daar by Uxbal ’n sin vir verantwoordelikheid en menslikheid teenoor hierdie mense uit wie hy ’n bestaan maak, maar dit het uiteindelik verreikende gevolge vir hulle almal.

Iñárritu is ’n briljante regisseur. Net soos in Babel werk hy met ’n verskeidenheid temas en mensegroeperings uit die “global village”, en weer is daar ’n sterk fokus op kinders. Die film is egter veral ’n ondersoek na vaderskap, en tipies Iñárritu word dit op die spits gedryf deur Uxbal se naderende dood. Let ook op die fyn spel met taal soos wat uit die titel blyk.

Biutiful
is nie ’n opbeurende kykervaring nie, maar vir ernstige fliekkykers is dit ’n moet.