Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Tannie Elsie van langsaan


GrootSnoek - 2011-08-24

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek lê op my rug op die vloer, besig om die toilet se waterpyp te probeer vasdraai. Dis ’n gesukkel, en ek merk nie op toe sy die badkamer binnekom nie. Toe ek egter my blik wegneem van die waterpyp, staan sy wydsbeen oor my bors, en ek kyk ver op teen haar bene.

Ek probeer maak of ek nie sien nie, en draai my kop weg. Maar ek stamp teen die toilet se voetstuk. “Bliksem,” sê ek.

Sy bly egter stil, en kyk af na my. Haar arms is op haar heupe, en haar lyftaal soos dié van ’n onderwyser wat ’n stout kind aanspreek. Sy staan verder vorentoe, nou reg bo my gesig. Ek kyk op, ek wil nie, maar ek kan ook nie anders nie. Ek sien lang bene, syglad en ligbruin van kleur. My oë volg onbeheers die lyne, die vorme, opwaarts onder die blou romp op. Dis doodstil in die huis, maar my ore suis. Ek sien die ligpers pantie, sien die lyne en voue daarbinne. Sy maak haar bene effens wyer oop, ek sien die bikinilyn, daar waar sy die haartjies skeer.

“Tannie Elsie ... uh, uh, uh …” is al wat ek kan uitkry. Ek is stom en lam.

Dan trek sy die romp op oor haar dye, en sak stadig af oor my bors. Sy kom sit wydsbeen oor my bors, reg voor my gesig. Ek sien die ligpers pantie reg voor my, en ek ruik die primitiewe, instinktiewe reuk van seks. Sy druk haar linkerhand binne die rek in, sak haar hand af oor haar dosie, en vryf ’n paar maal op en af. Ek kan hoor hoe haar vingers vryf deur die haartjies, en die reuk word meer.

“Loer jy lekker, Fransman?”

Ek is op my eerste 10-dae-army-pas by die huis. Dis Maart en die weer is heerlik. Pa en Ma bederf my, maar ek word ook ingespan om ’n klomp huishoudelike takies te verrig. Ek boor en kap en maak reg en maak tuin en werk oor die algemeen my gat af. Smiddae so vyfuur is die meeste takies darem verby, en kan ek bietjie swem en ontspan.

Dinsdagoggend, so teen 11-uur die oggend, hang ek ’n skildery in die studeerkamer op die boonste verdieping. Per toeval kyk ek by die venster uit op ons bure se swembad-area. My fok! Daar lê “tannie” Elsie topless en tan! Ek bliksem amper van die leer af. Ek is in een oomblik opgewonde en benoud en jags en bang. Sê nou sy het my gesien? Ek dink fok dit, ek gaan weer loer. Ek probeer wegstaan van die venster, binne die vertrek in, in die hoop dat sy my nie so maklik sal sien nie. Daar lê sy soos ’n godin in die son. Pienk bikinibroekie aan, en fokkol verder. Sy lê op haar rug, dra sonbril en het ’n groot hoed op. Sy lê met haar voete in my rigting. Ek kan haar mooi bekyk. Haar borste blink in die sonlig, en haar bikinibroekie is vol beloftes. Fok! Ek kan my geluk nie glo nie. Ek loer weer ’n keer, en nou sit sy meer orent, met ’n boek oor haar gesig. Ek raak nou mak. Ek gaan staan reg by die venster en kyk na hartelus. Ek vryf sommer oor my groeiende penis wat in my kortbroek span.

Ek het “tannie” Elsie al baie beloer en uitgekyk. Sy en haar man, Frik, was die eerste “moderne” Afrikaners wat ek leer ken het. Albei professionele mense, met geen kinders (of kerk) nie, en hulle reis gereeld. Hulle het interessante vriende en hulle onthaal gereeld. Oor die jare het ons mekaar goed leer ken, en ek het gereeld los werkies en takies vir hulle gedoen. Ek is ook gereeld aangemoedig om hulle nie “oom en tannie” te noem nie, maar my ouers het my gedwing om hulle so aan te spreek (“uit respek vir die mense”). Elsie is in haar middel 30’s, en is ’n blêddie mooi vrou. Lig van gelaat, met pragtige groot borste en sproete in haar cleavage. Sy was blykbaar ’n provinsiale muurbalspeler op universiteit, en mens kan dit sien in haar lyf. Frik hou van te veel steak en rooiwyn, en sy vorm raak al hoe ronder. Elsie draf nog gereeld met hulle labrador, en ek hoor sy speel nog steeds bietjie muurbal. Haar ligbruin kapsel is altyd goed versorg, en in teenstelling met die ander “tannies” in die buurt, laat sy haar hare doen by ’n ordentlike salon (nie in iemand se garage nie).

En daar, onverwags, vinnig, laat sak sy die boek en kyk my reguit in die oë! Ek staan verstar met my stywe penis in die hand. Daar is geen twyfel dat sy weet ek het haar staan en afloer nie. Fok, fok, fok! Wat doen jy, Frans Pienaar, jou dom poes (onthou, ek kom so pas uit die army). Die twee sekondes voel soos ’n week. Sy staan eenvoudig op, baie galant, draai ’n handdoek om haar skouers en stap die huis in. Ek het ophou asemhaal, en nou jaag my hartklop dat ek bewe. Ek hardloop af kombuis toe, en drink ’n glas water. Ek kan nie konsentreer nie, en ek kan nie iets kry om te doen nie. Ek worry net oor die kak wat ek nou aangejaag het. Wat dink die vrou nou van my?

My ouers arriveer later die middag van die werk af, en Pa vra: “Wat’s fout met jou? Het jy ’n spook gesien? Jy is asvaal.” As jy maar net weet, ou ballie, dink ek. My ma het soortgelyke opmerkings gemaak en my ’n Disprin aangebied. Ek soek liewer ’n fokken dubbelbrandewyn skoon.

Die voordeurklokkie lui net na die 6-uur-nuus. Ma maak oop, en dis tannie Elsie! Fok, fok, fok. Ek kak toe amper in my nuwe fokken army-PT-broek. Ek staan op en gaan badkamer toe. Ek bly vir maklik 20 minute daar. Later hoor ek die stemme word minder, en ek kom uit.

“Tannie Elsie sê sy sien jy is op pas, en het kom hallo sê. Waar was jy? Is jy OK, Fransman?”

“Ja ma, ek’s OK, net so bietjie moeg.”

“Wel, jy beter goed rus, want ek het met haar gereël dat jy more-oggend gou ’n paar goedjies vir haar sal gaan regmaak.”

My asemhaling halt weer, en my oë knip nie. Wat de fok dink my ma? Ek is nou gefok, dit is vir seker so. Tannie Elsie het my aan die ballas beet, en sy gaan my squeeze.

Ek slaap niks nie. Van die lekker stywe penis is daar niks sprake nie. Ek kan nie eens daai mooi tiete onthou nie. Ek lê en worry oor wat sy in die mou voer. Ek dink en ek dink en ek dink. Al wat ek kan aflei, is dat sy my nog nie gesplit het by my ouers nie. Sy wil my dalk terugkry op ’n ander manier. Dit laat my nie gerus voel nie, maar ek ontspan bietjie. Ek is sommer de moer in dat sy topless tan en dat ek haar gesien het. Dis eintlik sy wat die kak veroorsaak het.

Vroegoggend is ek wakker, maar wag tot my ouers werk toe ry voor ek uit my kamer kom. Ek eet ontbyt, kry my tools en maak klaar. Nege-uur lui ek die klokkie van Silwer Akkerlaan 32. Tannie Elsie maak oop, en groet my vriendelik met ’n soen op die wang en ’n ligte drukkie. Ek kry geen aanduiding van gister se fokop nie. “Ai, Fransman ek is so bly jy kan my bietjie help. Frik is te deksels lui vir die klein huistakies. En dis mos juis die klein goedjies wat mens die meeste irriteer.”

“Geen probleem nie, Tannie, ek help graag.”

“Elsie, asseblief. Noem my Elsie. Jy is mos darem nou uit die skool en ’n soldaat.”

Ek smile net, maar kry geen woord uit nie.

“Ek wil graag die TV-kas skuif, ’n nuwe portret hang en dan die kraan in die badkamer regmaak. Dit lek die hele vloer vol.”

Ek begin met ywer. Ek wil so gou moontlik klaarmaak en hier wegkom. Sy is nog in ’n goeie bui, en miskien laat sy my werk om my te straf vir my voorbarigheid en jagsheid. Ek skuif die kas, herkonnekteer al die drade, toets dit, en als is shanana. Terwyl ek die portret se posisie meet, bring sy vir ons sap en gemmerkoekies. Sy vra uit oor die army en hoe ek voel om ’n geweer op te neem, en of ek die offisierskursus wil aanpak. Ek probeer vriendelik en gemaklik antwoord, en later is die gesprek baie gemakliker. Ek eet die laaste gemmerkoekie, hang die portret en stap badkamer toe. Ek sien die probleem is die wassers wat oud is, en dan lek. Sy het reeds nuwes aangeskaf en gee my die plastieksakkie. Vir ’n oomblik raak ons hande aan mekaar, en dit voel of 500 volts deur my skiet. Ek probeer ontspan, en begin met die werk. Ek gaan lê op my rug om die pyp van onder af los te maak. My T-hemp trek op en my maag is oop.

Toe ek weer tot my sinne kom, staan tannie Elsie wydsbeen oor my.

“Loer jy lekker, Fransman?”  

Ek het nie woorde nie, my mond is droog. Sy staan vir omtrent 20 sekondes so, maar dit voel soos ’n dag. My penis begin opstaan in die kortbroek. Sy staan op en draai om, en gaan staan by die deur, “Kom kamer toe as jy klaar is met die waterpyp.”

Ek kan nie reguit dink nie. Wat doen sy? Het sy my nou net bang gemaak, of lus gemaak, of wat? Ek kan ook nie onthou dat daar nog takies was nie. Ek probeer konsentreer, en maak die pyp klaar vas. Toets die kraan, en als is shanana.

“Ek wag vir jou,” hoor ek haar stem vanuit die hoofslaapkamer.

Ek probeer my horing wegsteek, maar fokkol. Ek stap af in die gang, en dit voel ek float. Ek stop in die deur. Elsie lê op haar rug met haar arms uitgestrek bo haar kop. Sy het net die pers pantie aan. Ek versteen. “Ontspan, Fransman, ek gaan jou nie byt nie!”

Ek staar na haar, en weet nie hoe om te reageer nie. Hier lê ons pragtige buurvrou kaalgat voor my op die bed. Haar borste is groter as wat ek al gefantaseer het, rond en vol met ligpienk nippels. Sy vryf met albei hande oor haar borste, en kyk my op en af.

“Kom staan hier langsaan my” – haar stem nou effens dieper. Ek loop om die bed en staan reg langs haar. My hart klop in my bors, ek kan haar ruik. Sjampoe, parfuum, seks. Sy vryf oor my stywe knop. “Trek uit jou klere.” My harde penis spring uit my broek, en ruk-ruk op van lus. “Sjoe Fransman, jy het ’n mooi voël.” Sy beweeg nie haar oë van my penis nie. Sy lig haar linkerhand en vryf oor die skag, op en af. Haar hand is koel en sag. Sy druk bietjie en vryf dan weer op en af. Sy bly staar, en haar mond is effe oop. Ek staar na haar verruklike lyf. Dan kom sy meer orent, haar hand styf om my penis, en druk die kop in haar nat, warm mond. Sy rol haar tong om die kop, haar nat speeksel glinster in die oggendlig. Sy lek en suig net die kop, warm en nat, asof sy ’n roomys eet. Haar hand trek die vel op en af oor die skag. My penis is nou kliphard. Elke senuwee direk met my brein gekoppel. “Wil jy nog meer sien?” Ek knik net woordeloos. Sy draai en gaan lê so dat ek reguit in die pers pantie vaskyk. Sy lig haar knieë, en maak haar bene wyer oop. Dan druk sy haar hand onder die pantie in en begin vryf. Haar hand vryf en draai en ek sien haar vingers beweeg. Ek kan dit nie hou nie. Sy glimlag, maar sy het ’n veraf kyk in haar oë. Haar bewegings is vinniger, dan stadiger. Ek vat my penis in my hand en begin met myself speel. Stadig trek ek op en af, my peniskop nog nat van haar speeksel. Dit het ’n groot effek op haar. “Trek jou draad, Fransman, trek. Ek wil sien.” Ek merk op hoe sy meer versnel en haar asem hyg. Die pantie is nou nat. In een beweging lig sy haar boude en trek die pantie uit.

Ek trek vinniger, en voel hoe die orgasme begin bou in my lende. Haar dosie is papnat en pienk, die landing-strip ’n donker streep wat glinster. Ek ruik haar seks, dit maak my dierlik jags. Haar hand vryf hard oor die lippe, trek oop, en dan gly die vingers weer op en af. Sy lig haar boude van die bed af op, stoot uit na my toe. Haar oë is toe, haar mond oop en nat. “Trek jou draad, Fransman,” hyg sy, “ek wil sien hoe jy kom.” My hand ruk nou verbete, en my ballas begin saamtrek. Ek sien hierdie mooi vrou wydsbeen voor my lê en haar dosie is papnat en sy is jags! Die gesig van haar mooi pienk dosie, en sy wat besig is om beheer te verloor, stoot my oor die grens. My hele onderlyf trek in ’n spasma, en die eerste skoot skiet oor haar mond. “Dis hy, Fransman! Kom! Kom! Skiet jou sperm oor my!” En toe, soos ’n R1 op outomatiese vuur, skiet ek en trek ek en skiet ek strale wit sperm oor haar maag en bene. Dit voel of ek nooit gaan ophou kom nie. Elke skoot ’n spasma. Die laaste skoot val op haar voet. Ek kom hygend uitasem tot stilstand.

Sy het intussen ophou vryf, en smeer nou die sperm oor haar nippels. “Hoe was dit, Fransman?” Sy glimlag en kom sit regop, reg voor my penis. My hele lyf bewe nog.

“Dit was ’n moerse verrassing,” is al wat ek kan uitkry.

Sy lag, en kyk op in my oë. Sy lig my halfslap penis tot in haar mond. Sy lek en suig en sluk die sperm weg. “Gaan stort. Ek is nog lank nie klaar met jou nie,” glimlag sy en staan op. Ek gaan lê op die bed en kry my hartklop onder beheer. Ek kyk hoe sy beweeg in die oggendlig. Sy is donners mooi.

Ek stort klaar, en kan my geluk nie glo nie. Ek kan ook nie die glimlag van my gesig afvee nie.

Terug in die kamer kry ek haar met ’n satynkamerjas aan op haar sy lê. Sy het vir ons elkeen ’n cocktail van een of ander aard gemaak. Vrugtesap met iets sterkers in. “Kom lê hier by my,” sê sy, “ek wil jou iets leer.” Ek voel alweer ’n beweging in my onderlyf ...

(Word vervolg)