Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Optredes | Gigs

Old Mutual Konsert: Ses Snare by die Botaniese Tuine in PTA


2011-08-23

Untitled Document

Ses Snare is: Mathys Roets, Blackie Swart, Leon Ecroignard, Pieter Smith, Thean Kotze en Wouter van de Venter.

Old Mutual Musiek in die Tuine: Ses Snare
Botaniese Tuine in Pretoria
Sondag 28 Augustus: 15h00
Toegang:  R80–R100
Besprekings: www.ticketbreak.co.za
Kinders onder 13 gratis.

Old Mutual Musiek in die Tuine Konsert Reeks: Sondag 28 Augustus by Botaniese Tuine in Pretoria: Ses Snare

Die Old Mutual Musiek in die Tuine Konsert reeks is opgewonde om aan te kondig dat Ses Snare op die 28ste Augustus by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuine gaan optree. Die konsert is geskik vir die hele gesin. Geniet ’n  heerlike Sondagmiddag, in ’n pragtige omgewing, met van die beste musiek wat ons land het om te bied.

Ses Snare het sedert hulle debuut by die Centurion-teater (laas jaar Julie) uitverkoop-vertonings gehad by die Klein Karoo Kunstefees, Innibosfees in Nelspruit, Volksbladfees in Bloemfontein, Cultivaria-fees in die Paarl, sowel as die Aardklop fees in Potchefstroom.

Kaartjies vir die konsert is beskikbaar by: www.ticketbreak.co.za

  • Ticketbreak: R80.00
  • Voor-verkope by die tuine: R90.00
  • Op-die-dag verkope by die tuine en op ticketbreak: R100.00
  • Kinders onder 13 is gratis.
  • Hekke open: 12h00
  • Vertoning begin: 15h00
  • Hekke maak toe: 18h00


Fasiliteite beskikbaar:

  • Restaurant en Tee Tuin beskikbaar op die perseel.
  • Kinders area beskikbaar:  13h30–16h30.

 Jy is welkom om piekniekmandjies en komberse saam te bring. (Nota: Geen glas of blikkies of metaal eetgerei word in die Tuine toegelaat nie, gebruik eerder plastiekware)