Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans

Harry Kalmer se skryfkursus


2011-08-23

Untitled Document

Skryfkursus
Pierneef Teater in Pretoria
27 Augustus en 3 September

Harry Kalmer bied weer sy  gewilde tweedag-skryfkursus aan.

Op 27 Augustus en 3 September word dit aangebied by die Pierneef Teater in Pretoria. En op 10  en  17 September in Johannesburg.  In Oktober word die werkswinkels in Hermanus en in Kaapstad aangebied.

Sedert Harry  se eerste suksesvolle skryfwerkwinkel in 2010 het tientalle mense dit bygewoon.

Harry is  bekroon vir sy boeke, drama’s en koerantrubrieke en glo dat almal die vermoë  het om ’n storie te vertel.

“Die kursus begin by die vraag – hoe kan ek begin?” sê Harry “En sluit af met ’n antwoord op die vraag – “Hoe kan ek aanhou skryf en uiteindelik dit wat ek met my skryfwerk wil bereik regkry?

“Ek put uit die werk, opmerkings en insigte van ander skrywers – van Nobel Pryswenners tot by bestsellers.

Tussen in gee ek oefeninge, bespreek voorbeelde, gee praktiese raad en evalueer in die week tussen in die deelnemers se skryfwerk.

Alles met een doel voor oë; om mense die selfvertroue te gee om te skryf

Omdat dit so ’n wydlopende kursus – vind almal daarby baat. Van iemand wat nog ooit iets gekryf het tot by gepubliseerdes.

Navrae en besprekings vir die Pretoria kursus kan regstreeks gedoen word by (012)329-0709 of info@pierneefteater.co.za

Navrae en Besprekings vir Johannesburg en Kaapstad moet gerig word aan Harry by kalmer@netactive.co.za.