Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Kennisgewings | Notices

NMMU Honneurs in Afrikaans & Nederlands (2012)


2011-08-18

Untitled Document

Honneurs in Afrikaans & Nederlands (2012)
NMMU

Is jy ’n ’n surfer met ’n liefde en ’n belangstelling in die Afrikaanse taal-en letterkunde of net iemand wat hou van lees en oor boeke dink terwyl jy doodrustig teug aan ’n koppie koffie of skemerkelkie? Of is jy iemand wat deur die natuurreservaat om die kampus sal loop en besin oor die sinsbou van Afrikaans en die invloed van ander tale op die kies van name vir voëlssoorte en bokspesies?

Oorweeg dan om aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth te kom studeer. PE is ’n sogenaamde 20 minute-stad:so alles is maklik bereikbaar van die kampus af, selfs die strand.

As jy ’n gemiddeld van 60% vir Afrikaans en / of Afrikaans & Nederlands III behaal het, kan jy inskryf vir die kursus.

Voornemende studente wat 65 en hoër behaal het, kwalifiseer vir die ruim NMMU-beurse. Indien jy die Nederlandse modules neem, kom jy ook in aanmerking vir beurse van die Nederlandse Taalunie/ Suid-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek.    

Naas die verpligte skripsiemodule kies jy enige drie van die volgende semestermodules:

Afr Prosa, Afr Poësie, Kinder-en Jeugliteratuur, Leksikografie, Literatuurteorie, Ndl Poësie, Ndl Prosa, Oratuur, Pragmatiek, SA Drama, Semantiek, Variasietaalkunde en  Vergelykende Literatuurstudie.


Vir enige navrae, kontak:


Fakulteitsbeampte: Me Drucilla Blaauw (Drucilla.Blaauw@nmmu.ac.za)
Vakkoördineerder en Taalkundedosent: Prof Annél Otto (Anna.Otto@nmmu.ac.za)

Letterkundedosente:
Prof Helize van Vuuren (Helize.VanVuuren@nmmu.ac.za)
Dr Marius Crous (Marius.Crous@nmmu.ac.za)