Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Kennisgewings | Notices

Mis deur Reza de Wet word binnekort opgevoer


2011-08-16

Untitled Document


Mis

Skrywer: Reza de Wet
Akteurs: Geon Nel, Lulu Botha, Stephanie Hough en Vicky Stemmet.
Regie: Gaerin Hauptfleisch

Hoërskool Gimnasium, Paarl
22, 23 en 24 Augustus: 17h00 en 19h30
Koste: R40 pp vir groepe van 20 of meer
Besprekings: Vicky Stemmet, 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

Dit is die 31ste Augustus. Die wind huil om die hoeke van ’n armoedige huisie. Van veraf kom die klank van sirkusmusiek. Om die kombuistafel , drie vroue wat elkeen haar eie vrees probeer besweer. Gaan daar weer dié jaar, soos die vorige jare, ’n meisie in haar spierwit aannemingsrok verdwyn? Die vroue is benoud – maar glo dat die dominee en ouderlinge wat heelnag bid die onheil sal besweer. Skielik is daar ’n klop aan die deur. Dit is ’n onbekende, blinde konstabel wat aanvoer dat hy ’n ogie oor hulle kom hou ... Sal die konstabel hulle kan beskerm teen die boosheid van die nag?