Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Boekartikels | Articles on books > Afrikaans

Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag: Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk inspireer


Annemari Coetser - 2011-08-12

Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk die meeste beïnvloed of geïnspireer, en hoekom?

Eish ... Dalk die eerste Afrikaanse boek wat ek as kind in my hande gehou het? Miskien Sus en Daan? Die Afrikaanse Kinderensiklopedie?

Geen enkele skrywer kan aanspreeklik gehou word vir hierdie obsessie waaraan ek gelukkig ly nie. Dalk was dit ’n greep uit Langenhoven se Versamelde Werke  of ’n knypie uit FA Venter se boeke wat my lees- en skryflus aangewakker het. Miskien het Eitemalof Sita seggenskap in die saak gehad. Moontlik was dit ’n titseltjie PG, ’n roersel Elsa Joubert, ’n handvol André Brink, Tryna du Toit, Sangiro, PJ Schoeman, die humor van G Sutherland? En dan praat ek nie eens van al die wonderlike hedendaagse skrywers nie. Die helde-ry is langer as ... Hoe lank is ’n stuk tou? 

Ek weet net een ding. Nee, twee. Al die honderde boeke wat ek al gelees het, Afrikaans en Engels, het my lewe ontsaglik verryk. En, om te lees sal altyd my stokste, stokste perdjie bly.