Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Boekartikels | Articles on books > Afrikaans

Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag: Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk inspireer


Gerrit Rautenbach - 2011-08-12

Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk die meeste beïnvloed of geïnspireer, en hoekom?

Ag nee toe, julle kan dit mos nie aan ’n mens doen nie! Een boek? Ek kan nie eers net een skrywer uitsonder nie. Ek lees dan nog my hele lewe lank meer as een boek op ’n slag. Maar in my vormingsjare het ek PJ Schoeman, PH Nortje en Doc Immelman raakgelees. En daardeur het ek reis in woordvorm ontdek. Die magiese van nuwe bestemmings. En die stories daaroor. Ek wou ook eendag sulke reise  onderneem. En sulke stories daaroor vertel.