Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Boekartikels | Articles on books > Afrikaans

Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag: Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk inspireer


Anoeschka von Meck - 2011-08-12

Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk die meeste beïnvloed of geïnspireer, en hoekom?

Sonder om te diep te dink, sou ek sê Alba Bouwer se Abdoltjie. Dit het op my as kind en selfs as grootmens 'n magiese impak omdat dit 'n eenvoudige dog egte wêreld skep waarin die fantasie-elemente net so natuurlik soos die res van die storie aangebied word. Teen die tyd dat die storie klaarmaak, is jy saam op daai donkiekarretjie, met die maan wat soos 'n sny pampoen oor jou kop hang, en kan jy nooit weer in die Bo-Kaap rondloop onder om vir Bella-bok se geklingel van haar klok uit te luister nie.