Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Boekartikels | Articles on books > Afrikaans

Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag: Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk inspireer


Zandra Bezuidenhout - 2011-08-12

Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk die meeste beïnvloed of geïnspireer, en hoekom?

NP Van Wyk Louw se bundel Tristia het my kop finaal in die rigting van die poësie gedraai. DJ Opperman het dié bundel met ons behandel en ek het begin verstaan wat groot poësie is, en wat dit kan doen. Tristia bly vir my 'n ykpunt. Al lyk die hedendaagse digkuns heelwat anders, lees ek steeds gedigte in die hoop dat dit 'n Tristia-ervaring sal bring; daardie duiselende oomblik wanneer jy die stem van 'n ware digter herken en jy oorrompel word deur die vers as kunswerk. Tristia inspireer my om só te skryf – met presisie en met ontsag vir die woord.