Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Boekartikels | Articles on books > Afrikaans

Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag: Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk inspireer


Malene Breytenbach - 2011-08-12

Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk die meeste beïnvloed of geïnspireer, en hoekom?

Ek kan nie slegs een Afrikaanse boek uitsonder wat my geïnspireer of beïnvloed het nie. Die werk van sekere skrywers het dit kollektief gedoen. Aanvanklik het ek my verbeel ek kan nie eintlik in Afrikaans skryf nie, maar dit was ’n uitdaging. Ek het begin deur ’n romanse in Afrikaans te pleeg en dit is gepubliseer. Toenemend agtergekom ek kan dit doen, my taal verbeter en vorder na romans. Die leerproses hou mos nooit op nie. Daarom is ek ’n gulsige en bewonderende leser van uitstaande Afrikaanse skrywers soos Elsa Joubert, PG du Plessis, Etienne van Heerden, Deon Meyer en Ingrid Winterbach. (Daar is ander, maar die lys sal te lank word as ek almal hier moet opnoem.) By hulle het ek verstommende goeie taalgebruik, uitgebreide woordeskat en fassinerende storielyne ontdek.  Die inspirasie duur voort en die Afrikaanse letterkunde lééf.