Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Optredes | Gigs

Wit Winter klavier- en poësie-aand by Knorhoek se Towerbosch


2011-08-10

Untitled Document

 

Lara Kirsten

 Top pianiste bekoor die sintuie met melodiese kuns, kos en wyn

Wit Winter Klavier- en Poësie-aand
Towerbosch, Knorhoek
24-25 Augustus
Koste: R225 (Sluit ’n komplimentêre groetglas en driegang-ete in)

Stellenbosch wynlandgoed, Knorhoek, idillies weggesteek in ’n hoek van die Simonsberg, koester die fynere dinge van die lewe met ’n eksklusiewe, sielsverrykende Wit Winter Klavier- en Poësie-opvoering, verlekker met heilsame kos en wyn, op Woensdag 24 en Donderdag 25 Augustus.

Melissa van der Spuy

Vir twee aande sal hierdie landgoed se aardkombuis, Towerbosch, met sy magiese sjarme omskep word in ’n betowerende toonlandskap wanneer jazzpianis en internasionale kunstenaar en komponis, Melissa van der Spuy en Lara Kirsten, klassieke pianis en voordrag-digter, hulle kunskragte saamsnoer. Met wit en winter as hul inspirasie sal hulle poësie met beweging, visuele kuns en musiek kombineer wat die hartsnare met ’n wonderreis van digkuns en musiek sal bekoor. 

Tydens hierdie intieme opvoerings sal gaste ook trakteer word op ’n heilsame driegang-verlustiging deur die sjefspaar Carmen van der Merwe en Westley Mller, wat nostalgiese herinneringe aan die aand sal verleen.

Die Wit Winter Klavier- en Poësie-opvoering kos R225 per persoon en sluit ’n komplimentêre groetglas van die landgoed se wyn asook die driegang-ete in.

Besprekings is noodsaaklik. Skakel Lize Beukes by (021) 865 2958 of stuur ’n epos aan towerbosch@knorhoek.co.za.