Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Kennisgewings | Notices

Raak LUS by Aan de Braak!


2011-08-10

Untitled Document

LUS
Aan de Braak Teater, Stellenbosch
Vrydag 12 Augustus: 20h00
Kaartjies: R100

Vir die viering van Vrouedag 2011 bring Maniac Music ’n heerlike kabaret op die planke by Aan de Braak Teater op Vrydag 12 Augustus.

LUS is ’n literêre kabaret oor die ‘liefde van die lyf ‘ waarin daar deur vier vroue gekyk word na die ekstases, dilemmas en komplikasies van die liefde en die lyf. LUS word beskryf as "’n lastige literêre kabaret wat lol met die losses en lompes, die legendariese en lawwes, en die lawaaieriges en lammes in ’n legio van lekkerkry stories en limerieke."

Die vier vroue se ouderdomme volg netjies en byna kronologies op mekaar en kyk vanuit elkeen se perspektief na die lustigheid van die lawwe liefdes van die lywe. Van ’n jong meisie tot ’n ouer vrou se gewaarwordinge word weerspieël. Die skepper van LUS, André Strijdom, is ook die (manlike) regisseur wat met sy unieke perspektief die kollig op vroue skyn. Verder is daar die interessante koppeling van twee generasies vroue uit dieselfde familie op die verhoog: Rika Vermeulen is agter die klavier (en ander sake) terwyl haar aktrise-dogter Julia Strydom ’n nuwe sprankel energie bring na die stuk. Tussen dié twee vroue verskyn Elizabeth Frandsen en Anéle du Plessis met hulle besondere talente en skoonheid wat gesamentlik ’n baie interessante kwartet op die verhoog maak.

Met werke van Hennie Aucamp, Lina Spies en Antjie Krog, Peter Blum, Breyten Breytenbach en interessante skryfwerk deur Elize Cawood het André Strijdom die mooiste Afrikaanse musiek geskryf wat geen gehoor onaangeraak laat nie.

LUS is prettig, laf, hartseer, opwindend en bevrydend. Geen vrou moet dit mis nie, alhoewel die mans nét so lekker kry, saam huil, saam lag en saam stem.

By Aan de Braak Teater op 12 Augustus om 20:00. Kaartjies kos R100 en jy kan bespreek by Christine by 082 335 3105.