Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Die glimkunstenaar


John de Wildt - 2011-08-10

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek het nie veel van haar geweet nie. Net dat sy ’n kunstenaar is, glad nie bekend in Suid-Afrika nie, maar internasionaal beroemd. Sy het ’n ateljee in die kunstenaarsdorpie naby my, maar spandeer ’n groot deel van haar tyd oorsee. Skinderpraatjies het dit dat sy “’n gevaarlike vrou” is en ’n misterieuse kluisenaarsbestaan in die dorpie voer. Die plaaslike pers ignoreer haar.

Toe ek die Saterdag die dorpie besoek, kry ek haar in die koffiewinkel, waar sy alleen by ’n tafeltjie sit. As vryskutjoernalis het ek ’n goeie storie nodig en ek begin met haar gesels. Ja, sy sal ’n onderhoud met my toestaan, maar net as ek bereid is om in die namiddag te kom. Ons maak ’n afspraak vir die volgende Woensdagmiddag, vyfuur.

Haar ateljee sit halfpad teen die hang met ’n mooi uitsig oor die dorpie en die vallei. Daar is geen bure in die omgewing nie en ook geen gordyne voor die groot, oop vensters nie. Ek was effens senuweeagtig toe ek die ateljee nader en het gewonder wat op my wag. Die deur het oopgestaan en ek het saggies geklop.

“Kom solank in, ek’s nou by jou,” nooi sy my binne.

Sy vee nog ’n paar hale oor die doek terwyl ek die ateljee bekyk. Die vertrek is besonder lig en aangenaam, beslis die ideale plek vir ’n kunstenaar om lang dae voor die doek deur te bring. Benewens die esel, ’n tafel met verfgoed, nog ’n tafeltjie met twee stoele en ’n groot poef in die hoek, is daar niks anders nie. ’n Klein werkblad en opwasbak is netjies in ’n kas ingebou.

Verskeie kunswerke, almal naakstudies, hang teen die muur. In elke studie is ’n vrou, verhelder teen ’n donker agtergrond. Ek kan nie eintlik uitmaak wat haar werk meer besonders maak as ander werke in die genre nie.

“Koffie?” vra sy toe sy die kwas neersit.

“Ja, asseblief.”

Sy beweeg grasieus oor na die wasbak en was haar hande. Nadat sy room aangesmeer het, sit sy die ketel aan. Sy maak haar voorskoot los en trek dit uit. In haar lang wit rok en leersandale lyk sy heel gewoon, glad nie die gevaarlike vrou soos die skinderstories dit het nie. Haar hare is losweg vasgemaak en hang laag in haar nek.

“Kom sit,” nooi sy my en beduie na die tafeltjie. Skink vir ons koffie.

Ek vra ’n paar algemene vrae om die ys te breek.

“Wat maak jou werk besonders?” kom ek by my belangrikste vraag.

“Jy sal nog ’n rukkie moet wag,” sê met ’n effense, skalkse glimlag. “Dit moet nog eers ’n bietjie donkerder word. Dis hoekom ek jou hierdie tyd van die dag laat kom het.”

Ek kyk weer na die werke teen die muur. Dit lyk nog dieselde, al het die sonnetjie reeds agter die berg begin verdwyn.

Ek vra intussen nog ’n paar vrae.

“Waar verkoop jy die meeste van jou werke?”

“Meestal in Amsterdam, Antwerp en Parys. Ook ’n klompie in New York en Los Angeles. Gewoonlik die meer liberale stede.”

Tussen die vrae deur raak dit al hoe donkerder in die stil vertrek. Ek sukkel om my nuuskierigheid in bedwang te hou.Dan staan sy op en trek die poef na die middel van die vloer.

“Kom sit jy solank hier; jy sal binnekort sien.”

Ek sak in die poef neer en bekyk weer die skilderye. Niks gebeur nie. Dan hoor ek haar agter my wegstap, en haar voetslae plof hard op die houtvloer. Ek hoor haar die deur sluit, ’n skakelaar aansit. ’n Helder, blou skynsel vul die kamer. Dan gebeur dit. Skielik word elk van die skilderye waarop net die lyf van ’n vrou geskilder is, vol liggame. Elke skildery beeld ’n sekstoneel uit. In sommige ’n enkele man of ’n vrou saam met die hooffiguur, in sommige twee of meer mense by haar. Die grootste skildery beeld ’n massa-orgie uit, met minstens twintig mense. My mond hang oop van verbasing.

Dan word ek bewus van haar nabyheid agter my, die teenwoordigheid van haar energie. Sy is met iets besig.

“Hoe kry jy dit reg?” vra ek verbaas terwyl ek die verskynsel voor my probeer inneem.

“Dis natuurlik my geheim. Ek werk al amper vyftien jaar daaraan om dié tegniek te bemeester. Wat ek wel kan sê, is dat ek ’n spesiale fluoresserende medium gebruik om dit reg te kry. Die res van die skildery is slegs onder ultraviolet lig sigbaar.”

“Hoe het jy op die idee afgekom?”

“Ek het die basiese tegniek in my studentedae ontdek toe ek baie met verskillende fluoresserende media eksperimenteer het. Toe het ek agtergekom dat sommige mense van skilderye hou wat eksplisiete sekstonele uitbeeld. Maar waar hang mens dit? Op dié manier kan jy die gewone, skynbaar onskuldige, naakstudie enige plek ophang. Skakel ’n ultraviolet lig aan en siedaar!”

Ek kan steeds nie glo wat ek sien nie en verkyk my aan die beelde. Byna elke moontlike seksposisie word êrens uitgebeeld. Wat dit nog meer ongelooflik maak, is hoe die skynbaar onskuldige hooffiguur met die ander figure saamsmelt.

“Lyk my of jy al baie interessante erotiese ondervindings gehad het?” wonder ek hardop.

Sy lag. “Oorsee is daar is altyd ’n gewillige lover of twee, veral by die openingsaande van my uitstallings. Na die tyd kom ons gewoonlik by ’n vriend se huis bymekaar vir drankies … Wel, ja, dit ontaard gewoonlik soms in orgies. Ek verkies egter ’n stil plek met een of twee uitgesoekte lovers … eenkant.”

Ek weet nie wat om te sê nie. Nou verstaan ek beter waar haar reputasie as “gevaarlike vrou” moontlik vandaan kom.

“Ek hoop nie jy is haastig nie. Wil jy dalk bly vir ’n glasie wyn?”

“Ja, seker.”

Toe sy by my verbystap, sien ek ’n heel ander prentjie. Haar wit rok glim in die ultraviolet lig en aksentueer haar sensuele liggaam en grasieuse bewegings. Die bewegings is spookagtig, amper asof sy oor die vloer sweef, haar kaalvoete onsigbaar en voetslae kwalik hoorbaar. Haar hare wat eers vas was, hang los oor haar skouers. Die boonste knope van die rok is losgeknoop en haar borste stelp uit haar glimmende wit kantbra.

Ek skuif op en sy sluit by my op die poef aan.

“Ongetroud?” vra sy en kyk na my ringlose hand.

“Ek was getroud tot ’n paar jaar gelede. En jy?”

“Nog nooit. My leefstyl laat dit nie toe nie. Maar, ek is natuurlik nie sonder behoeftes nie. Iets omtrent jou laat my dink jy is ’n goeie lover,” fluister sy tergend in my oor.

Haar hand gly oor die knop in my jean. Ons lippe ontmoet. Die soen is lank, uitgerek en neem in intensiteit toe terwyl haar hand aanhou om die knop in my jean te vergroot. Dan maak sy haar bene oop en ek voel die ritmiese beweging van haar liefdesheuwel teen my bobeen.

“Ek hoop jy naai so lekker soos jy soen,” sê sy toe ons uiteindelik die vryery onderbreek.

Dan staan sy op en trek die glimmende rok oor haar kop. Wanneer sy die bra uittrek, sien ek dat sy geen merke op haar borste het nie. Haar borste is oral mooi bruingebrand met klein, donker nippels wat reeds parmantig uitstaan. Ek sien ek ’n klossie kortgeskeerde donker haartjies deur die glimmende wit kantbroekie.

Sy kom staan effens wydsbeen voor my en streel tartend met ’n vinger oor die gleuf in haar broekie. “Kom proe my,” nooi sy my uit, haar stem nou dieper, meer eroties.

Ek soen haar deur die broekie, voel die sagte klammigheid daaronder. Haar reuk vuur my passie aan soos petrol op ’n vuur. Wanneer ek haar aan die kant van haar broekie begin lek, trek sy dit styf sodat net die buitenste lippe ontbloot word. Ek soen, lek en suig vurig, angstig om by die prys, die geilheid van die binneste lippies en by haar klit uit te kom.

Wanneer haar broekie deurweek is van ons sappe, trek sy dit eenkant toe. Haar vagina is sopnat en opgeswel. “Eet my, maak my kom,” smeek-vra sy nou, kwalik hoorbaar.

My tong glip op en af in die gleuf, die punt kuier al dieper tussen die lippies. Dan weer buite, al om haar klit. Met haar hande om my kop lei sy my na waar sy die plesier wil hê. Dan begin haar heupe beweeg. Sy neem oor en druk haarself al hoe stywer teen my vasgeklemde kop. Haar heupe begin onwillekeurig ruk en sy versmoor my byna tussen haar nat bene. Ek voel aan dat haar orgasme naby is. Ek forseer my tong so diep as moontlik tussen die lippies in, beweeg dit in en uit, heen en weer.

“Aaaaa,” kreun sy, ruk haar kop agtertoe, klem steeds my gesig styf teen haar vas. Ek voel ’n warm stroom sappe oor my gesig stroom. Dit neem ’n rukkie voordat sy ontspan, haar hande verslap.

“Fok!” sê sy toe sy terugstaan en my sopnat gesig sien. “Jy is goed.”

Sy kom lê weer by my en begin my weer vurig op my lippe soen terwyl haar hand afbeweeg na die knop in my jean. Dié keer maak sy dit behendig los.

“Kom ons kyk hoeveel van hou eie medisyne jy kan vat,” skerts sy voordat die kop van my penis tussen haar lippe verdwyn. Sy streel die skag behendig terwyl haar lippe lek en suig. Ek voel die gewig van haar borste op my maag en sien haar kop swaai en beweeg. Die plesier wat sy veroorsaak, grens amper aan pyn. Ek wil kom, maar ook nie – wil haar liewers eers naai.

“Wag, wag, ek wil nie nou al kom nie … STOP! Asseblief.”

“Nou goed,” sê sy. “Wat dan?”

“Kom ry my, asseblief,” sê ek terwyl my boude afsak tot op die vloer. “So … ja, kyk vorentoe. Ek wil graag jou tiete sien,” beduie ek.

Sy sak op my neer en terg my eers deur my stokstywe piel op en af deur haar gleuf te trek. Sodra ek dink dit gaan inglip, trek sy dit uit en vryf sy die kop eers weer teen haar klit. Alles is hewig opgeswel en seepglad. Dan sak sy op my neer en ek voel hoe ek haar lyf binnedring. Sy ry my rustig, vorentoe en agtertoe, terwyl ek kyk hoe sy beweeg. Ek voel hoe die druppende sappe my balle kielie.

Dan trek ek haar vorentoe en neem ’n nippel in my mond. Wanneer ek hewig begin pomp, raak sy weer opgewerk. “Ja, ja, naai my so!” smeek sy. Haar borste swaai en ek voel hoe die nippels teen my borskas skuur. Haar oë is toe en haar gesig vertrek. Ek werk nog harder, maar weet ek kan nie meer lank uithou nie. “Ja fok, ja so, harder!” Dan voel ek haar orgasme en die sametrekkings in haar vagina. Haar arms verstyf en haar vingers grou in my skouers in.

“Aaaa!” My lyf verstyf en my boudspiere begin hewig saamtrek. Ek voel die stroom semen uit my onderlyf in haar opskiet. My bolyf probeer boontoe ruk, maar haar arms druk my steeds teen die poef vas. Dan begin sy weer om op my ejakulerende onderlyf te maal, my penis pols steeds binne haar.

“Toe!” sê sy, “kom nog … ek soek elke druppel!”

Ek is klaar, verslap. Hygend sak sy op my neer. Ons lê doodstil langs mekaar en wag dat ons asems terugkom.

Later begin dit koel word, die sonnetjie nou reeds lank weg. Ons drink die wyn klaar en ek kyk weer na die steeds glimmende skilderye. Dan sien ek dit. Die hooffiguur in elke skildery is sy! Noudat ek die vorm van haar lyf en borste gesien het, is dit onmiskenbaar sy.

Sy staan op en lyk effens verleë. “Daar is iets wat ek jou moet vertel. Ek hoop nie jy is kwaad vir my nie.”

Ek is effens geskok oor die opmerking. “Hoe so?”

“Ek het ons op video afgeneem terwyl ons besig was. Ek wil dit moontlik as materiaal in toekomstige werke gebruik. Maar, slegs met jou toestemming.”

“Hoe?” vra ek verbaas.

Haar hand beduie na die videokamera op ’n driepoot agter ons.”Ek het dit opgestel toe ek die deur gaan toesluit het. Moenie bekommerd wees nie, jou gesig sal nêrens wys nie, net jou fantastiese lyf.”

Ek kyk weer na die skilderye. Dis waar, geen duidelike gesigte nie, net lywe. Ook nie haar eie gesig nie.

Ek dink daaroor. “Oukei, op een voorwaarde. Ek soek ook een.”

Toe ek later die aand daar wegry, dink ek aan wat om in die storie te skryf. Wat kan ek sê?

Miskien liewer niks.