Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > LitNet Akademies-gespreksruimte

Bekendstelling: Die LitNet Akademies-resensie-essay


Etienne van Heerden - 2011-08-09

In die lig van kommer oor die verskraling rondom die gesprek oor nuwe Afrikaanse boeke, het LitNet het pas 'n nuwe inisiatief aangekondig:

Die LitNet Akademies-resensie-essay wil meer as ’n gewone boekbespreking wees. ’n Nuwe of baie onlangse Afrikaanse boek (wat ook ’n heruitgawe van ’n ouer boek kan wees wat pas verskyn het) word vanuit ’n interessante hoek bekyk, geproblematiseer en krities beskou. Hoe dra dié boek by tot ons denke? Watter estetiese, kulturele of filosofiese knelpunte word deur die werk geopper? LitNet Akademies wag kreatiewe, skerp essays van 1 800 tot 2 500 woorde in. Essays wat aanvaar word, sal met R4 000 (minus belasting) vergoed word.

Stuur jou essay-konsep (twee of drie sinne) aan Etienne van Heerden by etiennev@mweb.co.za. Jou essay sal op LitNet Akademies se susterruimte op LitNet, SeminaarKamer, verskyn, en ook vanaf die LitNet Akademies-gespreksruimte op LitNet en ander LitNet-blaaie (soos ons boekeblad) geskakel word.