Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuut by LAPA Uitgewers


2011-08-03


Nuut by LAPA Uitgewers
dié Augustus:

1000 Kure, Die Midasmoorde, Die kaskenades van Jakkals en Wolf, Trooskos, Mal oor mosaïek.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Formaat:

Hardeband; 190 x 235mm

ISBN:

9780799349733

Prys:

R330,00



Klik en koop

1000 Kure vir meer as 200 kwale
Skrywer:
Victor S Sierpina  

Vyf behandelingsmetodes vir algemene kwale

1000 Kure is ’n waardevolle geïntegreerde mediese gids wat vyf maniere bied om algemene kwale te behandel: konvensionele medisyne, tradisioneel Chinees, naturopatie, homeopatie en kruiegenesing.

Die boek bevat onder andere:

  • Meer as 200 kwale volgens kenmerke gegroepeer, byvoorbeeld toestande wat die vel en hare affekteer of die spysverteringstelsel affekteer.
  • Bondige omskrywing van algemene diagnose.
  • Duidelike uiteensetting van die algemeenste simptome en die doel van die behandeling.
  • Middels, behandeling en raad om die toestand aan te spreek, onder elke behandelingsmetode. 
  • Die gids sluit af met ’n woordelys, nuttige webadresse en ’n omvattende bladwyser.

1000 Kure is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.


Formaat: Sagteband; 137 x 212mm

ISBN: 9780799351118

Prys:
R150,00

Klik en koop


Die Midasmoorde
Skrywer:
Pieter Aspe

Brugge word deur ’n reeks skynbaar losstaande misdade geteister ... Tussen die persoonlike besittings van ’n vermoorde Duitse sakeman word ’n vreemde foto van die madonnabeeld van Michelangelo gevind. ’n Bom verniel ’n rukkie later die standbeeld van die digter Guido Gezelle.

Dit word ’n uiters moeilike opdrag vir kommissaris Pieter van In wat in hierdie warboel van misdade na die motiewe en oortreders moet soek.

Die Midasmoorde isbeskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

 


Formaat:
Sagteband;  210 x 280mm

Prys:
R120,00

ISBN:
9780799349658 

Klik en koop

Die kaskenades van Jakkals en Wolf
Oorvertel en bygewerk deur:
Leon Rousseau 
Illustreerder: Johann Strauss 

Arme Wolf! Waar hy ook al kom, probeer die skelm Jakkals hom ’n streep trek. Die hare waai behoorlik – en saam beleef die twee van hulle allerhande skreeusnaakse avonture.

Danksy hierdie pragboek kan die jongklomp hulle opnuut verlekker in vyftien prettige, klassieke stories soos:

Jakkals en Wolf en die bottervat
Jakkals en Wolf vang vis
Wolf word Jakkals se ryperd
Jakkals en Wolf en die Rondekopdier

Die verteller
Leon Rousseau is ’n veteraanskrywer en -uitgewer. Hierdie boek word ter viering van sy 80ste verjaarsdag op 5 Maart 2011 uitgegee.

Die Kaskenades van Jakkals & Wolf is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.


Formaat: 
Sagteband; 210 x 280mm

ISBN:
9780799350913

Prys:
 
R160,00




Klik en koop


Trooskos
Skrywer: Clover Suid Afrika

Watertandlekker resepte wat die siel voed

Clover Suid-Afrika se jongste publikasie, Trooskos, bied 85 onfeilbare, maklik-om-te-maak resepte uit regte kombuise deur regte vriende en families. Die ryk verskeidenheid resepte dek elke gereg van die dag – ontbyt, middagete, aandete en natuurlike nagereg. Al die resepte word aangebied in pragtige volkleur fotografie.

’n Gedeelte van die opbrengs van die verkope word aan die Clover Mama Afrika-projek geskenk.

Trooskos is ook beskikbaar in Engels as Comfort food (ISBN: 9780799350920) en beide boeke is beskikbaar by toonaangewende handelaars en ook direk vanaf LAPA Uitgewers by 012 401 0700 of besoek ons webblad by www.lapa.co.za.


Formaat:
Sagteband; 215 x 280 mm

Prys:
R110,00

ISBN:
9780799349726




Klik en koop

Mal oor mosaïek

Mal oor mosaïek is ’n samestelling van unieke projekte van Suid-Afrika se gewildste mosaïekkunstenaars en sluit onder andere projekte van Glacermo, Seedpod Studio, Mosaic Works, Mosaic Arts, Dish, D’lish, Icreate, Polkadot asook kunstenaars soos Ira Bekker en Karin Wainwright in.

Mal oor mosaïek fokus op vinnige, klein projekte waarvan sommige binne ’n paar uur voltooi kan word. Die projekte het duidelike stap-vir-stap-aanwysings en foto’s en sluit onder meer ’n teepot, notabord, melkkan, driedimensionele toneel, spieëlhart, smalti-kat en selfs hoëhak-skoene in.