Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Durban Konferensie


John Wayne - 2011-08-03

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek gaan na ’n konferensie in Durban, iets waarvoor ek nie regtig lus is nie, maar wat ongelukkig nodig is in ons bedryf. Die konferensie begin Woensdag en eindig Vrydagaand met ’n gala-dinee. Ek en Johan ry Woensdagoggend en kom so drie-uur by ons blyplek aan. Ons boek in, laai af en sit af na die konferensielokaal om te registreer. Ons registreer en wag vir die res van die aand om te begin. Gewoonlik het ons ’n sosiale aand op die eerste aand. Die aand gaan goed af en Johannesburg-streek wen die “boat race”. Toe gaan dit net lekker.

Ons gaan later die aand terug hotel toe en om een of ander rede dink ek die heeltyd aan jou. Daardie aand droom ek ’n fantastiese droom oor jou.

Die konferensie begin die volgende oggend 8:30 met die verwelkoming ensovoorts. Die hele oggend dink ek aan jou en wil jou teetyd bel, maar besluit daarteen. Teen etenstyd kan ek dit nie meer hou nie en ek besluit om jou te bel. Tot my verbasing vind ek uit dat jy ook in Durban is. Jou werk het jou afgestuur om besigheid daar te kom doen. Ons praat ’n rukkie en ek vra wat jy die aand gaan doen. Jy sê dat jy seker maar alleen in jou hotelkamer gaan sit, want wat kan jy anders doen. Ek vertel jou dat ek wens ek by jou kan kom kuier, maar dat ons die aand ’n funksie het en dat ek dit seker moet bywoon.

Dit maal die res van die middag in my kop dat jy so naby aan my is en ek jou nie sal kan sien nie. Ek besef ons situasie en weet dat ons nie aan mekaar kan raak nie, maar ek geniet dit baie net om met jou te gesels of naby jou te wees. Ek wens ek kan daaruit kom.

Toe ons lesings die middag klaar maak, besluit ek om siek te speel. Johan gaan laai my by die hotel af en maak klaar vir die aand. Ek sms jou en sê vir jou dat jy nie planne moet maak nie, ek gaan jou uitvat vir ete. Toe Johan weg is, bel ek jou. Jy sal my moet kom haal, aangesien Johan die kar gevat het. Gelukkig is ons nie ver van mekaar nie.

Jy tel my so sewe-uur op en ons gaan soek ’n plek om te eet. Jy lyk vir my pragtig. Ons kry ’n lekker rustige plek en kry ’n lekker sitplek in die hoek, waar ons lekker kan gesels. Ek bestel vir ons ’n lekker bottel wyn om die kos ordentlik te komplementeer. Ons gesels oor alles en nog wat, jou huwelik, my huwelik, die kinders, ons drome ens. Voor ons ons kon kry is die plek verlate en die mense raak angstig vir ons om te loop. Deur die hele aand het jy soos gewoonlik die dinge waaroor ek graag wil weet, vermy en weggepraat. Ek moet dit seker aanvaar en ek dink ek het al.

Ons is uiteindelik uit die plek uit, maar is glad nie moeg nie – dit was so ’n lekker aand. Ons besluit om bietjie op die strand te gaan loop. Dit is laagwater en die maan skyn oor die water en verlig alles. Ek sien die maan op jou wange en hare skyn. Jy is pragtig, maar ek moet dit vir myself hou. Ons stap ver langs die strand af en redeneer oor dinge van die lewe soos net jy kan. Later vat ek jou hand en ons loop al hoe verder die strand af.  Soos ons redeneer begin die debat al hoe warmer raak.

Op ’n stadium spat jy my met jou voete nat. Ek draai om en jaag jou. Jy hardloop en lag so ver ons gaan. Jy draai links en regs en uiteindelik kry ek jou in die hande. Ons gly en val op die sand. Jy lag en skielik kyk jy my in my oë. Dit maak my lam, ek is hulpeloos en kan niks anders doen nie. Ek soen jou en tot my verbasing soen jy my terug. Dit voel wonderlik, ons is in die sewende hemel. Ek hou jou styf vas. Op dié stadium is dit net ons in hierdie wêreld. Ek soen jou in jou nek en begin stadig die knope van jou hemp losmaak. Jy het ’n pragtige swart bra aan wat ek vinnig losmaak. Ek soen jou op jou pragtige nippels. Jy voel ’n tinteling deur jou lyf. Ek soen jou oral op jou maag tot by jou naeltjie en beweeg weer op na jou pragtige tieties en natuurlik jou mond. Hierdie keer soen ons mekaar vurig. Ek beweeg weer af deur jou op jou maag te soen tot by jou naeltjie. Ek beweeg verder af en maak die knoop van jou denim met my mond oop. Ek kry jou zip met my tande beet en trek hom af . Ek maak jou broek net bietjie oop en begin jou liggies te soen. Ek druk my tong van bo af onder jou pantie in net om jou so bietjie lus te maak. Ek beweeg my soenery op en af en beweeg elke keer bietjie verder in jou pantie in. Ek sien die opgewondenheid in jou lyf soos jy beweeg.

Ek trek jou denim af en begin jou liggies in jou regterbinnebeen soen. Ek beweeg op tot naby jou poesielippe en beweeg dan na die ander kant sonder om daaraan te raak. Ek soen jou linkerbinnebeen van net bokant jou knie en beweeg weer tot naby jou poesielippe. Hierdie keer beweeg ek vinnig van onder na bo oor jou poesielippe met my tong. Jy trek jou hele middellyf na bo. Ek beweeg weer weg en kom weer nader en hierdie keer lek ek al twee poesielippe ’n bietjie. Jou reuk laat my net meer van jou wil hê. Ek beweeg weer weg, soen jou nog ’n slag en beweeg weer na onder. Ek begin jou poesielippe liggies soen en dan liggies suig. Die water spoel kort-kort oor ons voete. Ek druk my tong tot diep binne-in jou en beweeg op totdat ek jou klit voel. Ek begin jou klit liggies met my tong masseer. Ek sien hoe jy dit geniet en kan nie help om skelm te glimlag nie. Ek weet tog dat ek goed is en dat jy dit vir seker sal geniet. Ek masseer jou klit, dan beweeg ek af na jou poesielippe en dan weer terug. Ek hou jou heeltyd op die “edge”. Uiteindelik kan jy dit nie meer hou nie. Jy gryp my kop vas en druk hom teen jou poesie vas terwyl jy liggies gil van lekkerte.

Jy wil hê ek moet op jou klim, maar jy sal nog bietjie moet wag. Ek suig jou weer en jy klimaks nog so paar keer voordat jy my oorreed om op jou te klim. Teen dié tyd is my voël vrek styf, lank en dik. Ek terg jou eers ’n bietjie met my voëlkop aan die buitekant van jou poesielippe. Dan sit ek net die punt so liggies in en beweeg hom op en af in jou. Ek trek hom weer uit en speel nog bietjie met die buitekant van jou poesie. Dan druk ek hom bietjie dieper in. Jy voel hoe groot hy is en druk my effens terug. Ek stel jou gerus en sê dat jy net moet ontspan. Jy ontspan en ek druk hom dieper in en begin liggies in en uit te beweeg. Toe ek sien jy is reg, druk ek hom so diep ek kan in. Jy snak na jou asem. Jy kan voel hoe hy bo teen jou vasdruk. Ek beweeg stadig in en uit. Jy is so lekker nat dat jou posie vinnig aan my piel gewoond raak. Ek besluit om dit bietjie verder te vat en lig jou bene op my skouer. Ek vat jou aan jou bobene en lig jou teen my op terwyl ek op my knieë staan. Ek sien hoe jy saamtrek en hoor hoe jy nog ’n keer klimaks. Ek voel hoe jou poesie teen my voël saamtrek. Dit voel wonderlik.

Jy stamp my agteroor en klim op my. Ek voel hoe jou poesie teen my piel skuur. Jy maak my mal en begin vinnig op my te beweeg. Jy is wonderlik en ek kan nie help om vir jou te glimlag nie. Jy kyk my diep in my oë terwyl jy my ry. Ek kom al hoe nader en së vir jou.

Jy klim eers af en begin my ballas te lek. Ek weet nie hoe ek dit hou nie, maar om een of ander rede hou ek uit. Jy lek my voël op en af, oor my pielkop en weer na my ballas. Later sit jy hom diep in jou mond en suig my soos ek dit nog nooit ervaar het nie. Ek kom nader en ek stop jou. Ek wil nie hê dit moet nou al ophou nie.

Ek trek jou tot op my sodat ek jou tieties teen my lyf kan voel en soen jou weer. Soos jy op my lê, voel ek jou poesie naby my voël en ek druk my voël tot diep binne-in. Ek begin jou van onder spyker terwyl jy bo-op my is. Ek sien hoe jou lyf saamtrek en voel hoe jy bo my klimaks. Ek is naby en ek voel hoe my voël saamtrek. Ek kom in jou en jy glimlag vir my soos jy voel hoe ek jou poesie vol kom maak. Ek gryp jou en druk jou teen my vas. Dankie, dit was lekker! Sal dit nooit vergeet nie!

Toe ons klaar is, besef ons eers dat al ons klere nat en vol sand is. Wat sê ek vir Johan, waar was ek? Ek sal my klere op ’n manier moet droog kry. Jy stel voor dat ons dit by jou hotel moet gaan droogmaak en ek stem in.

(Word vervolg)