Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Midde-Ooste-sakeplan


GrootSnoek - 2011-08-03

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek is opslag geïrriteerd toe die sms deurkom. “jammer fillip. kan jy help asb. ek moet ’n sakeplan indien vlg week, en het nie ’n clue nie. Help!!” Ek het Suzette en Rudolf ontmoet, maar wou nooit met hulle vriende word nie. Ek woon in ’n groot stad in die Midde-Ooste en werk as sakekonsultant, big wank.

Na agt jaar in Suid-Afrika by ’n mediamaatskappy het die obsessie met politieke korrekheid, incompetent en arrogante kollegas en die walglike gesig van stupidity my net genoeg befok gemaak om my opsies te oorweeg. Ek het ’n MBA-graad en bietjie savvy. Ek kan nie in so ’n omgewing werk nie. Die luitenant in my het genoeg gehad. Dit is die reg van elke soldaat om effektief aangewend te word, aldus Napoleon. So ek kry ’n werk as Business Consultant in Qatar by ’n groot telekoms-groep. En ek fokkof woestyn toe.

Die werk is nie te erg nie, en ek vorder goed. Die lui Arabiere en die vlytige Indiërs het ’n gemaklike ewewig bereik tussen wie werk en wie besluit. Solank jy dit verstaan, is jy OK. Gert Hofstede is jou leesstof as jy nie by is nie.

Maar soos dit werk, wil die Afrikaners mos altyd ’n kolonie stig, kerk bou en dan ’n monument oprig in die buiteland. Die Suid-Afrikaanse Sakekamer kry my naam êrens en kontak my. Wil jy nie asb deel word nie? Dis goed vir jou “profiel” en ’n goeie netwerk. Calvinis wat ek is, voel ek skuldig om hulle in hulle moer te stuur, en sluit aan. Daar ontmoet jy dan ’n lucky packet van versekeringsagente, kansvatter-smouse, has-beens en die “I’m in marketing”-tipe. So nou en dan is daar darem ’n intelligente wese, maar dis nie gewaarborg nie. In sosiale kringe is die radius van die mengelmoes groter. Jy ontmoet ingenieurs, skuld-ontduikers, onderwysers, verpleegsters en kokke. Meesal mense wat dit tuis nie gemaak het nie (of een of ander soort kak aangejaag het). Dis nietemin ’n nuwe plek en lekker om te ontdek en jouself te bewys.

Ek ontmoet Rudolf en Suzette deur die Sakekamer. Hy is (na bewering) ’n goeie pastry sjef. Dis ’n ou wat goed koek en pies ensovoorts bak. Suzette is ’n “marketing executive”. Fok weet wat sy doen, of veronderstel is om te doen. Gaan Vrydae kerk toe (Midde-Ooste, onthou), en oor die algemeen goeie burgers. PW en die NG Kerk het hulle goed genoeg opgefok en bang gemaak om te glo wit Afrikane is uitverkorenes en die enigste oplossing vir Suid-Afrika. Ek is te oud en sinies vir sulke kak. Ek het ook al geleer om my opinies stil te hou. Nie omdat dit die gehoor soseer ontstel nie, maar omdat die redenasie nooit die moeite werd is nie. I’m easy. Go with the flow, en doen jou werk fokken goed.

So verloor Suzette haar werk in die “credit crisis” van 2009. Mense verlaat die Midde-Ooste asof ’n brand hulle jaag. Rudolf behou sy werk. Verskeie ander in die Sakekamer verlaat die land. Goddank behou ek my werk.

Ek het Rudolf en Suzette redelik goed leer ken, maar nie juis aanklank by hulle gevind nie. Aangename mense, maar kom bietjie pretensieus en lig voor. Ek het nietemin hul geselskap geniet, en veral Suzette het my getref as ’n baie dinamiese, hardwerkende tipe. Sy wil iets word in die lewe. Sy is ook mooi, so ’n plaasmeisie-mooi. Blas vel, met lang, pikswart hare en groen oë. Sy is nogal lank, met kleinerige borste, en gesonde heupe. Sy kon maklik deurgaan as Spaans of Portugees. Die perverse sy van my het al baie gewonder hoe sy in die bed is, en wat sy by Rudolf soek. Hy tref my nie juis as ’n intellektuele reus of dinamiese mens nie.

“Ja, ek sal jou help. Wanneer?” sms ek moerig terug. Ek het so pas 18 dae nonstop gewerk, en wil bietjie ’n breek vat. Nou moet ek Suzette help met werk soek.

“Danki. Hoe is more oggend vir jou? Ek sal soontoe kom.”

“Ok, kom ons maak dit so 11 uur.”

“Danki!!! Sien jou dan.” Die oordadigheid en sms-taal irriteer my, en ek weet nie hoekom nie.

Sy arriveer stiptelik, en sy lyk fokken sensueel en beeldskoon. Die donkerbruin, syagtige perserige lang rok vertoon haar hele lyf, vloei om haar en oor haar. Effens smal vroulike skouers en breë heupe. Die rok se kleur beklemtoon haar oë, haar vel en donker hare. Sy is ’n donnerse mooi jong vrou …

Gedra jou, dink ek vir myself. Sy is getroud.

“Kom in, welkom.” Sy is hoflik, saaklik eers. Ek moet haar help met ’n basiese sakeplan en kontvloeiplan.

“Jy het ’n beautiful plek.” Die oorbodige Engels irriteer my weer. Hoekom is my plek nie net eenvoudig “mooi” nie?

“Dankie. Kan ek jou iets aanbied om te drink? Tee, koffie?”

“Tee sal lekker wees.”

Ons werk vinnig deur haar plan, en ek gee haar ’n paar nuwe idees. Die gesprek vloei maklik, en ons vorder goed. Sy lyk egter deur en deur nie gelukkig nie. Ek bring nog verversings toe ek haar by die venster sien uitstaar. Sy is ver weg. “Is jy OK?”

Sy kyk af, en dan reguit in my oë. “Ek dink so.”

Ons maak klaar, maar ek voel sy is ontsteld. “Kom ek maak vir ons ’n bottel wyn oop,” sê ek.

Sy kyk my weer stip aan. “Dit klink heerlik.” Ek maak so, en bring die bottel Chardonnay tafel toe. Ek sit my Maria Callas-CD op. Klas, my maat, klas.

“Ek het uitgevind Rudolf het ’n affair met sy Filippino-assistent,” gooi sy die bom. “Wat moet ek doen, Fillip?”

Ek is stomgeslaan. “Hoe seker is jy?” So begin ’n lang gesprek oor die besonderhede van wat blyk te wees ’n ooglopende affair. Die dom doos, dink ek. Ek probeer die teendeel aanspoor, en gee maar later op. Ek sal Suzette maar probeer vertroos. By die oopmaak van die derde bottel wyn huil sy so bietjie, en ek troos haar, en met albei my arms hou ek haar vas.

Ons sit nou op die bank. Sy het albei haar arms om my. “Jy is so uitgesort, standvastig. Ek bewonder jou al van die eerste Sakekamer-vergadering af.” Hierdie vrou is mooi, en sensueel. Ek vryf deur haar hare en ruik die kombinasie van seep, heuning en laventel. My penis is kliphard.

Ons sit so vasgeklem aan mekaar, met tussenposes van wyn drink, in stilte. Sy is duidelik ontsteld. Woordeloos lig sy haar kop en soen my liggies. Sy kyk my stip in die oë, naby. Sy kom weer vorentoe, en soen my liggies, asof sy my lippe ontdek, voel, verken. Ons gesprek het ontwikkel, gegroei tot lyftaal. Dan draai sy en kom sit wydsbeen oor my skoot. Ek is verstom, verras, maar hou my cool. Ek begin haar terug soen. Haar lippe is sag en warm en nat en haar lyf is vol beweging. My hande begin haar lyf verken. Haar rok is sy-sag en glad. Ek gly my hande liggies onder die rok in, vryf op teen haar bobene, voel haar rug, dan opwaarts waar ek die bra-strap losmaak. Haar asem snak. Sy ruik na speserye en room. My hande gly en voel oor haar rug. Haar mond en lippe nou in volle gang. Ons soen en vry en hyg en proe. Haar oë soos dié van iemand wat bedwelmd is.

Ek vry haar en voel haar. Haar lyf beweeg. Hierdie is ’n volmaakte, onvergenoegde vrou wat uiting soek. Haar bewegings word vinniger.

Ek stop. “Nog wyn?” vra ek. “Jy maak my mal.”

Sy sit terug en trek haar rok oor haar kop. Sy sit nou wydsbeen op my skoot met net ’n spierwit pantie aan. Haar borste pronk, haar nippels penorent. “Ek dink nie so nie,” sê sy en begin my weer soen. Haar mooi, jong sensuele lyf is ’n skok vir my siniese, uitgelewerde sielstoestand. Haar borste is groter as wat ek gedink het, met klein donker nippels, nou kliphard. Ek lig my hand, en ek voel en ek vryf, liggies. Dan soen en koester en suig ek. Haar asemhaling versnel. “Fillip, trek uit jou klere.” My penis is al lank kliphard. Binne sekondes is ek uit my hemp. Sy sak af en soen my bolyf, en suig aan my nippels. Dis ’n nuwe sensasie. Haar hande vryf oor my lyf. Haar gesig is millimeters van myne af. Ek sak en begin haar nippels verken. Dis ’n wonderlike gesig om hierdie volmaakte vrou te sien los raak. Haar lyf en behoeftes dikteer haar aksies. Haar asemhaling is gejaagd en ek soen haar borste. Met albei hande hou sy my kop vas. Haar nippels is kliphard. “Fillip, moenie ophou nie.” My hande gly af oor haar rug tot op haar pantie se rand. Ek vryf oor haar vol boude, my penis kliphard. Sy moet dit sekerlik voel.

Sy staan op en trek haar wit Woolies pantie uit. Sy staan vir ’n oomblik stil, en kyk my reguit in die oë, sy lyk weerloos. Hier voor my staan ’n ongelooflik mooi jong vrou, met ’n pragtige lyf en die mooiste dosie. Nie weg geskeer soos die mode deesdae nie, maar getrim en op die kante kort geskeer. ’n Pragtige swart driehoek. “Eet my,” sê sy. Ek kom amper in my broek. Sy gaan lê op die bank, maak haar bene effe oop. Ek sak op my knieë voor haar en begin my kop sak, stadig, versigtig, lek en suig en proe die heerlikste poesie nog. Sag en pienk en soet. Ek lek op en af deur die nat gleuf, en ek soek die gevoelige knoppie aan die bokant. Sy beweeg saam, ritmies, haar oë toe en haar arms bo haar kop uitsgestrek. Voor my,oopgespalk is die mooiste jong vrou, met vol heupe en ’n sensuele gelaat. Sy begin kreun en roer. Haar poesie word natter en die sappe meer intens. Sy lig haar heupe op, stoot teen my mond. Ek klem haar boude in elkeen van my arms, sag en romerig, en tog gespierd. Haar hele lyf werk saam, ritmies. Sy proe soet-suur, en sy word natter. Dit maak my baie jags. Sy kreun meer.

Ek staan op en maak my broek los. My harde penis spring uit. Voor my sien ek Suzette orent kom, en my penis in haar hande neem. Sy kyk en voel van naby, asof sy nog nooit ’n penis gesien het nie. Dan, stadig, warm, vou sy haar lippe om die pers kop. Dit voel of ek my penis in ’n fluweel-oond druk. Sy suig terwyl sy my met haar hand masturbeer. Haar bewegings eers ritmies, dan meer freneties, asof sy met oorgawe werk. Sy speel met haar tong om my skag en lek die rooi-pers kop. Haar oë is in ’n dwaal, haar lippe nat, asof sy loslaat. Ek moet hard konsentreer om nie beheer te verloor nie. Maar die sensasie is hemels. Nat en warm en ferm en op en af en op die punt!

Ek trek terug, en vir ’n oomblik staar ons nakend, jags, uitgelewer aan mekaar. Sy soek werk, en ek soek erkenning. Eenvoudig. Sy staan op en loop sonder woorde na my bed. Daar gaan lê sy op haar rug. Ons is nou op ’n primitiewe vlak. Sy is fokken mooi en ek kan nie genoeg kry van daai heupe en boude nie.

Ek gaan staan voor haar. “Maak oop jou bene. Ek dink jy is fokken mooi.” Sy glimlag, en maak soos ek sê. Ek staan en masturbeer voor haar, oor haar. Trek my draad, en maak my penis nog harder, stywer. Sy smile, en vryf haar vingers deur haar nat gleuf. Ek fokus op haar naaktheid, haar blootgesteldheid. Dit maak my baie jags. My penis is kloppend, hard. Ek gaan lê bo-op haar, soen haar. Sy, haar lyf, reageer. Neem my kop in haar hande, en soen terug met mening en oorgawe. My penis gly stadig in haar in. Nat, warm en styf. Sy beweeg, asof met weerstand, dan met entoesiasme. “Naai my!” fluister sy. Ek het nooit gedink ek sou ooit hierdie woorde uit haar mond hoor nie. “Naai my hard.” Ek begin ritmies. Stoot diep, hou dit daar, dan stadig uit. Dan twee kortes in en uit. Dan weer diep en hard. Hou dit daar. Sy hyg en beweeg saam. Herhaal die ritme. Sy krap my rug. “Fok, dis lekker.” Dan trek ek uit en begin met oorgawe haar poesie lek en eet. Ek soek die knoppie en speel met my tong die gesang van wellus. Sy lig haar heupe weer op. “Fok, Fillip,” is al wat sy uitkry. Ek speel en lek en suig en streel en vinger haar nat dosie. Sy is in ’n ander plek.

Ek staan op, vryf oor my harde penis en penetreer haar weer stadig. Sy klem my boude en druk my dieper in haar in. “Naai my, asseblief Fillip, naai my hard!” Ek lig haar enkels oor my skouers en lig haar boude. Ek gee haar maksimum penetrasie, en ek kan die effek op haar gesig sien. Ek hou my ritme. Een diep en hard, hou dit daar, dan stadig uit, hou dit bietjie. Dan twee harde stampe, vollengte in, en weer uit. Sy begin saamwerk, en ek sien hoe sy al hoe natter word. Haar natheid blink oor die lengte van my penis. Dit maak my nog meer jags. My harde penis gly in en uit haar poesie. “Fillip, vinniger,” hyg sy. Ek versnel bietjie, maar moet konsentreer. Sy vou haar bene agter om my boude en stamp hard terug met haar onderlyf. Dis ’n fantastiese gesig voor my. Sy het ’n mooi tan, ’n mooi gladde nat pienk poesie wat warm sappe om my harde penis smeer. En sy is besig om harder en harder teen my terug te stamp. “Fillip, o fok, Fillip,” is al wat sy uitkry. Dan begin sy saamtrek in ’n spasma van ruk en trek en gryp en kreun. “Fok Fillip! Ek koooooom! Ek kooooooom! Fok. Hhuuuu. Uhhhhmmm!” Haar lyf trek en ruk en dis nat en warm en my penis stamp in haar nat blink poesie in. Haar spasma is oorweldigend en stoot my oor die grens, en ek voel hoe elke spier in my lyf saamtrek. Al my energie, al my spiere is gefokus op die orgasme wat my oorrompel en ek spuit my warm wit sperm oor Suzette se maag uit. Ek gryp my penis en trek op en af, melk die sperm, verleng die oomblik van ekstase, en skiet ’n laaste skoot oor haar gesig, en die wit sperm drup af teen haar mond.

Ons lê nog so vir ’n halfuur, koel af en kom tot ons sinne. Sy glimlag en giggel. “Wow, jy is toe nie so koud en afsydig nie, dit was incredible. Ek sal my volgende sakeplan weer met jou kom bespreek. As dit reg is met jou, natuurlik.”

Ons het nog verskeie sakeplanne daarna bespreek!