Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Parkeergarage


Ina Hendrix kuier in Amsterdam - 2011-08-03

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


De Goue Druif is vanaand besiger as gewoonlik. Jong kantoorwerkers ontspan gereeld in die netjiese kuierplek na ’n besige werkweek, maar vanaand is dit selfs besiger as gewoonlik. Die gewilde popgroep Smukkels van Leyden maak later vanaand op die dorpsplein musiek, en ek vermoed die buitengewone besigwees is omdat aanhangers van die Smukkels eers hul dors by die Goue Druif kom les voordat hulle by die opelugkonsert saamkom.

Ek sien jou by die kroegtoonbank staan, en dink wow!!

Jou lenige liggaam en besonder selfversekerde houding is opsigtelik.

Ek stap-drentel in jou rigting, en vra of ek jou aansteker mag leen. Jy oorhandig die apparaatjie, maar jou blik is vasgenael op die lae halslyn van my bloes. Nadat ek my sigaret aangesteek het, hou ek die aansteker uit na jou, maar jy sien dit nie raak nie. Inteendeel - jy staar bewonderend na my welgevormde, stewige borste. Skaamteloos! Ek buig vooroor sodat jou uitsig selfs beter kan wees, en loer terselfdertyd na die groeiende bobbel in jou broek. Jy steek jou hand uit om die aansteker by my te neem Toe ons vingers aan mekaar raak, voel ek die elektrisiteit en weet jy voel dit ook.

“Wat drink jy?” vra jy en ek is momenteel oorbluf en kan nie dadelik antwoord nie. Jy bestel twee glase vonkelwyn, maar beweeg nie jou blik weg van die loergleufie tussen my bralose borste nie. Toe die drankies op die toonbank neergesit word, stuur jy my na ’n tafeltjie teen die muur voor die uitkykpaneel oor die stad. Voordat jy sit, steek jy jou hand in jou broeksak en herrangskik jou bobbel, wat nou stoei om losgelaat te word. Jy glimlag vir my en lig jou glas vonkelwyn omhoog. “Op jou mooi borste.”

Nadat ons die vonkelwyn gedrink het, staan jy op en hou jou hand na my uit. “Kom jy saam? My kar is in die parkeergarage.” Toe ek die trap na die uitgang voor jou uitstap, voel ek jou blik op my welgevormde boude. Ek raak bewus van ’n hittigheid tussen my bene.

Jy stuur my na die parkeergarage en ons stap tussen die geparkeerde voertuie tot by ’n blink-silwer 4x4. Die afstandbeheer sluit die deure oop, maar jy hou my om my middel vas en druk my teen die kant van die kar vas. Jou lyf is styf teen myne, en ons begin driftig tongsoen asof dit ’n noodgeval is. Jou bobbel vryf teen my heuwel, en ek kan sweer ek voel sappe teen my been se binnekant lek.

Jy lig my op asof ek ’n veertjie is en plaas my op die enjinkap. Jy staan nou met jou pik reg voor my ingang, en ek maak my bene oop sodat jou onderlyf gerieflik tot teen my beweeg. My rok is om my middel opgeskuif, my bene is weerskante van jou, en jou hande raak besig om my broekie eenkant toe te bewerk. Ek beweeg my boude sodat my heuwel en opening nader aan jou pik is. Met feitlik een beweging maak jy jou broekriem los, knoop die boonste knoop los en laat jou broek en onderbroek sak.

Wat ek sien, laat my hele liggaam ril. Jou besnyde penis is langer en dikker as wat ek aan enige man gesien het. Die eikel is pers en blink, met druppels voor-kom wat uit die ogie loer.

My opgewondenheid maak plek vir ’n ongekende lus toe ek besef jy gaan my in die sogenaamde openbaar bykom terwyl ons enige oomblik betrap kan word. Die besef dat ek in die openbaar met jou gaan seks hê, laat my lyf preorgasmies ruk.

Jou blink-pers bobbel-knop speel liggies teen my lippies, en ek smag om jou in my te voel. Stadig vryf jy jou pik van bo na onder, en herhaal weer die roete. Onverwags voel ek hoe jy nou my regopstaande skakelaartjie raakvryf, en geniet dit intens. Ek smeek jou om my binne te dring, en die volgende oomblik hoor ek naderende voetstappe in ons rigting. Voordat ek jou hoorbaar kan waarsku, druk jy jou lang dik honger gewillige pik in my in. Al hou ek die naderstappende paartjie dop, kan ek nie anders as om ’n ligte gilletjie te gil toe jy vollengte in my is nie.

Ek fluister: “Ons het ’n gehoor”, en beduie met my kop in die starende paartjie se rigting.

Jy antwoord: “Gehore verdien aksie”, en begin doelbewus meer energiek pomp en stoot. Ek kan nie van die gehoor wegkyk nie, en sien hulle stap nader aan ons. Hulle draf letterlik die laaste paar meter. Sy is ouer as hy, maar al twee is slank en goed versorg. Terwyl jy my stoot en pomp, neem die paartjie voor en op die enjinkap langs ons posisie in. Haar langbroek is reeds uitgetrek, en haar deurtrekkertjie waai sonder seremonie saam met haar bloese en bra. Hy gaan staan tussen haar bene en volg jou voorbeeld. Jy verstadig jou tempo, en trek jou uit my uit voordat jy my vra om om te draai. Toe ek ’n gemaklike posisie ingeneem het, voel ek hoe jy my boude van mekaar wegtrek om die pad na my toegangsgaatjie te vind. Eers stadig en sag, dan met meer druk, en met ’n handvol spoeg op die sterretjie voordat jy my binnedring. Ek gil, en jy pomp genadeloos voort. Ek voel jou een hand van agter af by my voorste ingang. Jou behendige vingers raak besig, en oomblikke later ruk ons gelyktydig terwyl jy my vol spuit.

Ons bure kom minute later luidrugtig klaar, en soos ons, maak hulle hul klere bymekaar.

Toe jy die deur vir my oophou, hoor ek: “Dankie Kees en Liesje, julle tydsberekening was perfek, al het ek gevrees ek sal klaar wees voordat julle opdaag. Klim in, die nag is nog jonk.”

Jy draai na my, en vra: “Mag ek jou naam vra? Myne is Bernardus-Jan. BJ, as jy wil!"

Toe die 4x4 wegtrek, hoor ek Liesje se stem: “Ja, jy mag haar neem mits ek Bernardus-Jan kan verwen.”

Al is die uitsig van Bernardus-Jan se woonstel asemrowend, het ons daardie nag min tyd gehad om dit te geniet. Die ander genietinge was prominent op ons spyskaarte.