Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Kompetisies | Competitions

Vertaalkompetisie


Deon Knobel - 2011-08-03

Untitled Document

(Vertaling van "Vrijheid" deur Marion Bloem)


Vryheid

As vry wees is: hou jy jou mond
want ek het iets om te sê

As vry wees is: jy agter tralies, want
dan hoef ons nie  bang te wees
vir al jou anders wees en doen en anders
late

As vry wees is: om die dag van môre
streng te bepaal deur die dag vandag
iets minder dag te laat wees

As vry wees is: om die deure te sluit
en op die beeldskerm vry te kyk
na wat veilig uit die buurt moet wees.

As vry wees is: om steeds rustig te slaap
omdat die ander hul spraak moedswillig
ontneem is

As vry wees is: eet wat en wanneer jy wil
maar die skille laat val in die koerante
waar die honger verswyg word

As vry wees is: om nie te weet wat my
vry gemaak  het nie, en my vry hou, my
in vryheid elke dag gevange neem

As vry wees is: wag tot ’n ander
my bevry van angste waarop ek
heilig  vertrou

As vryheid my gedagtes [vas] pleister
as vryheid  om my heen  oral rondom
en in my waai
maar vir jou nie te vang is nie

As vryheid my beskerm
teen jou idees wat vir my
anders is

As vryheid vir my vandag so
vanselfsprekend lyk, en jy
nie weet wat dit beteken nie

Dan is vryheid munt vir my
en kopaf vir jou
Dan is vryheid wind en willekeurig

Maar staan dit my miskien wel  vry
om iets van my gunstige vryheid – met
wedersydse goedkeuring natuurlik –
tydelik of vir ’n lang tyd
aan jou af te staan om jou
van my verstikkende vryheid
te bevry

 

Vertalersnotas:

i) As vry wees is: lees ook “as om vry te wees is”
ii) Pleistert = vasmessel of vaspleister
iii) “nie te vang is nie” = nie gevoel word nie
iv) lucht: wind of lug, niks.
v) riante: gunstige, skitterende
vi. willekeurige – lees ook “uit vrye wil”

Woordeboekbron: Prisma Woordeboek

35e hersiene uitgawe, 2001.