Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Kompetisies | Competitions

Vertaalkompetisie


Yvette Oosthuizen - 2011-08-02

Untitled Document

(Vertaling van "Vrijheid" deur Marion Bloem)


Vryheid


As daar vryheid is: hou jy jou mond
want ek het iets om te sê
As daar vryheid is: is jy agter tralies, want
dan hoef ons nie bang te wees
vir al jou andersheid en vreemde doen en
late nie

As vryheid bestaan: sal môre
verseker bepaal dat vandag minder as ’n dag is

As vryheid bestaan: sluit jy jou deure
en kyk jy vryelik op TV wat veilig in die omgewing aangaan

As vryheid bestaan: slaap jy steeds rustig
omdat die ander haan se tong moedswillig
uitgeslag is
As vryheid bestaan: eet jy wat en wanneer jy wil
Maar laat val die skille in die skeure/gate
waar die honger misken word

As vryheid bestaan: hoef ek nie te weet wat my vrygemaak het nie; my vryheid, neem my elke dag in vrywees gevange

As vryheid bestaan: wag ek tot ander my verlos van die angs waarop ek heilig vertrou

As vryheid my gedagtes rig
As vryheid oral rondom my heen
en in my waai,
maar nie deur jou gevang kan word nie

As vryheid my beskerm
teen jou idees wat vir my anders is

As vryheid vandag vir my so
vanselfsprekend lyk en jy
nie weet wat dit beteken nie

Dan is vryheid kop vir my
en stert vir jou (onverstaanbaar vir beide van ons)
Dan is Vryheid lig en willekeurig

Maar dit staan my miskien tóg vry
om iets van my grootse vryheid –
met wedersydse goeddunke, natuurlik –
tydelik of vir ewig aan jou af te staan
om van my verstikkende Vryheid te ontsnap