Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices

Protea wen by die ATKV-Woordveertjies


2011-08-02

Untitled Document

Hoekom praat grootmense so snaaks?
Skrywer: Keina Swart
Illustreerder: Maja Sereda
ISBN: 9781869193416
Prys: R 100.00

Klik hier en koop Hoekom praat grootmense so snaaks? nou van Kalahari.net!




Protea Boekhuis het pas verneem ons outeur én illustreerder is die wenners van ’n ATKV-Woordveertjie in die selfleeskategorie, Graad 1 – 3.

Keina Swart (die outeur) en Maja Sereda (die illustreerder) het die toekenning ingepalm vir Hoekom praat grootmense so snaaks?

Die boekie handel oor spreekwoorde, en die manier waarop grootmense hierdie gesegdes gebruik sonder om daaroor na te dink. Dan kom ’n dogtertjie met ’n groot, pienk bril, genaamd Daniella Willenella Moenieskella Vermeulen, beter bekend as Prinses Vlooi, en wýs die grootmense op hulle vreemde taalgebruik.

Die teks is skreeusnaaks, maar ook ’n wonderlike manier om aan kinders die waarde van metafore en spreekwoorde te leer.

Enige iemand wat onderhoude met die skrywer of die illustreerder verlang, kan vir Izak de Vries nader by izak@proteaboekhuis.co.za of 083 501 2170.

Keina woon in Bella-Bella en Maja in Johannesburg. Keina praat snaakse Afrikaans en Maja praat snaakse Engels, soos grootmense maar maak.

Keina Swart se tweede teks, Bleek Bennie se woeste hoes, verskyn eersdaags by Protea Boekhuis.


Wenners van die ATKV-Woordveertjies:

  • Voorleeskategorie: 3 – 6 jaar
    • Skrywer: Theresa van Baalen (LAPA Uitgewers) – Karla Krullebol
    • Illustreerder: Chris Venter (LAPA Uitgewers) – Karla Krullebol

 

  • Selfleeskategorie: Graad 1 – 3
    • Skrywer: Keina Swart (Protea Boekhuis) – Hoekom praat grootmense so snaaks?
    • Illustreerder: Maja Sereda (Protea Boekhuis) – Hoekom praat grootmense so snaaks?

 

  • Selfleeskategorie: Graad 4 – 5
    • Skrywer: Jaco Jacobs (Tafelberg) – Harlekyn
    • Illustreerder: Alistair Ackermann (LAPA Uitgewers) – Agent Snoet en die Groen Genugtig

 

  • Selfleeskategorie: Graad 6 – 7
    • Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) – Nova

 

  • Selfleeskategorie: Graad 8 – 10
    • Skrywer: Nerine Ahlers & Alet Steenkamp (LAPA Uitgewers) – Liefde is ...