Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Kompetisies | Competitions

Vertaalkompetisie


Este Myburgh - 2011-07-27

Untitled Document

(Vertaling van "Vrijheid" deur Marion Bloem)

Vrijheid – Vryheid

Want om vry te wees is vir jou om jou mond te hou
want ek het iets te sê

Want om vry te wees is as jy agter tralies is
want dan hoef ons nie bang te wees
vir jou doen en late nie

Want om vry te wees is dat die dag van môre
nie die dag van vandag se bestaan moet bepaal nie

Want om vry te wees is om die deure te sluit
en die tv-skerm dop te hou of die buurt veilig is

Want om vry te wees is om steeds rustig te slaap
terwyl die ander hul tong moedswillig beperk

Want om vry te wees is om te eet wat en wanneer jy wil
maar die skil te laat val in die koerante
waar die hongerte verswyg word

Want om vry te wees is om nie hoef te weet wat my
vrygemaak het, my vry hou en wat my
in vryheid elke dag gevange neem nie

Want vryheid is om te wag tot die ander
my bevry van vrese waarop
ek heilig vertrou

Want vryheid plesier my gedagtes
As Vryheid om my heen en oral rondom
en in my waai,
maar ontneem word van jou

Want vryheid beskerm my
teen jou idees wat vir my te
anders is

Want vryheid lyk vir my vandag so
vanselfsprekend,
en jy weet nie weet wat dit beteken nie

Dan is Vryheid munt vir my
en kop vir jou
Dan is vryheid lig en willekeurig

Maar staan dit my dalk wel vry
om iets van my ruim vryheid – met
wedersydse goedkeuring natuurlik –
tydelik of dalk langer
af te staan om jou
van my verstikkende vryheid te bevry