Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Mevrou Pieterse


TellMe - 2011-07-27

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek het nog altyd gewonder hoe die manne se kantore lyk in die bank, dink ek so half hardop toe ek voor die groot glasdeur staan. Ek gooi my mooiste smile, so ’n "fake" een soos ’n Palmolive-model s’n, en die ontvangsdame laat my binne. Die groot ontvangsarea van hout en glas lyk indrukwekkend en is semi-intimiderend. Nice, baie, baie beter as ons sardientjie-almal-in-’n-blik-kantoor, dink ek so by myself.

"I need to deliver these papers to Mrs Pieterse's office," sê en beduie ek terwyl ek die simpel pak papiere onder die ontvangsdame se neus rondswaai.

"Her office is through the door on the left, straight until you get to a dead end and then right. It's the one in the corner ... number FO5-141."

Ek bedank haar vinnig en soos ’n opgewonde skoolseun stap ek stadig deur die kleiner glasdeur.

Soos ek baie stadig (want ek is nie juis lus vir die werk wat by my tafel wag nie) tussen die kantore deurstap, loer ek orals waar ek kan in. Die hele vloer lyk baie bedrywig. Die telefone lui en in die een "Meeting Room" is iemand besig om ’n moerse uittrapsessie te ontvang. So twee kantore van my af swaai ’n deur oop en met haar uittrapslag val my oë eerste op ’n paar baie sexy lang bene in swart boots en swart sykouse. My voete voel skielik soos lood toe haar oë myne vir ’n oomblik vang en sy smile. “Sy het gesmile” is al wat in my kop rondwaai. Soos sy in die gang af loop, kom my kop weer half tot verhaal. Haar klein boudjies en pragtige bene beklemtoon sy uiters mooi met die feit dat haar rompie bitter kort is. So kort swart pakkie met wit om die kante. Maar so vinnig soos sy verskyn het, verdwyn sy uit die gang uit. Sjoe, wat ’n sexy swartkoppie – kan ek nie maar eerder die papiere by haar af lewer nie? sug ek en begin maar weer loop.

Kantoor FO5-141 is mos wat sy gesê het, wonder ek terwyl ek die donkergrys nommers op die silwer plaatjie lees. Moet maar seker klop en check. Ek klop saggies aan die groot grys deur. Niks nie ... Maybe moet ek weer klop of net kyk of sy hier is, dink ek so by myself, maar die deur swaai skielik voor my oop. "I said come in," kom dit met so ’n streng stem van die einste donkerkoppie. "O dis jy," is al wat ek kon hoor, want my lyf is jellie, maar stokstyf gevries.

"Ummmmmmm ... aaaaaaaaaaaaaaa ... eeeeeeeeeeeeeee ..." hakkel ek, maar kom dan tot verhaal. "Ek het die Exco-verslag," bloos ek voort.

"O-o, ek het nie verwag dit gaan persoonlik afgelewer word nie," knipoog sy. “So as jy klaar gebloos het, kan jy dit maar op my tafel sit," smile sy soos sy styf verby my in die deur skuur. Haar vingers gly saggies oor my bors en daar gaan sy weer. My oë volg haar die gang af, vasgenael aan daai sexy boudjies.

Het sy geflirt? wonder ek so in ’n dwaal terwyl ek die deur toetrek en versigtig die homp papiere op haar netjiese tafel plaas. Dis ’n groot houttafel. Mooi versier met ’n blompot vol rooi rose. Ek bewonder my aan alles wat op haar tafel staan. Die familiefoto's mooi gerangskik in die regterkantste hoek vang my oog. Wonder hoe lyk die lucky man wat langs haar inkruip in die aand, en ek koekeloer so oor die tafel. Nee man, sy gaan nou hier instap en dan ... En met daai gedagte ruk ek myself weg van die tafel en stap deur toe. En die papier hier op die grond? wonder ek terwyl ek afbuk om dit te bekyk. En toe swaai die deur oop. Tref my potshot teen die kop en toe is dit nag ...

Ek weet nie hoe lank ek daar gelê het nie, maar toe ek bykom toe sit die swartkop-engel op haar hurke langs my. "Is jy ok? Hier, drink bietjie water," sê sy terwyl sy die glas water voor my mond hou. Ek slurp, slurp so aan die koue water terwyl sy my begin bombardeer met vrae. "Is jy ok? Is jou kop seer? Kan jy nog praat? Weet jy waar jy is?"

"Ummmmm, ek’s in jou kantoor," antwoord ek saggies en die hoek van my oog vang  die mooi wit van haar binnebeen. My oë volg die pragtige kurwes van haar binnebeen hoër en hoër op.

"Ek sien jy het ten minste ’n lekker droom gehad." Ek ruk my blou oë terug na hare toe. Haar amandelbruin oë blink en ek volg dié af na die moerse knop in my broek.

"Ek ... ek ... ek ..." stotter ek en tot my skok streel sy saggies haar hand oor hom. Die gevoel is elektries en ek kyk weer diep in haar bruin oë en ek soen haar. Soen haar sonder om te dink of te wonder. En sy soen my met passie terug. Haar sagte rooi lippe teen myne. Ons tonge verken mekaar se monde terwyl sy oor my kom sit en my vasdruk teen die grond.

Outomaties begin my hande haar lyf verken. Stadig teen haar nek af, en ek vind die knopies van haar swart rokkie. Instinktief trek ek dit laer en laer af en die lap val so oor ons oop. Ek streel met my hande oor haar sagte kaal rug en maak haar bra los. Sy sit ewe skielik regop. Die rok en bra val tot op haar skoot en haar pragtige ferm C-cup borste spring vry. Haar ligpienk nippels staan penorent en sy begin my das en hemp oop ruk. Sy skeur my hemp van my af en soen my weer diep. My hand vind haar bors en ek begin dit saggies masseer. "Mmmmmmmmmm," moan sy saggies en ek voel haar onderlyf teen my knop skuur.

"Ek soek jou binne my," fluister sy saggies deur die swart hare in haar gesig. Ek rol haar om sodat ek bo-op haar lê en sukkel-sukkel met groot haas om van my broek ontslae te raak. Nadat sy haar rooi kantbra eenkant toe gegooi het, help sy ... nee, skeur sy my broek los en my klipharde piel spring vry. Sy bewonder hom so half vir ’n oomblik terwyl sy haar lang slanke vingers teen my dik skag afgly. Dis te veel vir my en ek druk haar terug op die grond. My hande voel-voel vir waar haar rooi nat g-string oor haar kaalgeskeerde poesie gespan is. Ek pluk dit eenkant toe en druk die volle lengte van my kloppende piel diep in haar sagte natheid in. Haar oë rol terug in hulle kaste soos sy haar lip byt om nie kliphard te moan nie. Soos ek harder en harder in haar inslaan, begin ek haar soen om haar moanklanke te probeer sagter kry. Ons soen passievol terwyl sy haar lang rooi naels in my kaal boude inslaan om elke moontlike millimeter van my in haar in te kry. Met elke keer as my dik piel weer dieper in haar in gly, moan sy harder en dit raak moeiliker om haar klanke stil te hou. "Aaaaaaaa mmmmmmm," moan sy soos die golwe van plesier deur haar halfkaal lyf stroom. Sy ruk-ruk so en met elke ruk kan ek voel hoe haar poesie se spiere stywer om my piel trek. So met haar laaste ruk oorrompel my orgasme my. My warm dik sappe skiet diep in haar lyf in en dis asof sy haar spiere saamtrek om elke druppel uit my uit te melk terwyl sy my diep soen.

Ons lê hygend in mekaar se arms en geniet die hemelse gevoel. Maar ons word uit die droom wêreld uit gepluk deur die foon wat lui. Ons spartel om aan te trek en sy pluk die foon op. "Mevrou Pieterse," sê-hyg sy. Soos ek my klere bymekaar kry en aantrek, wink sy my nader en ek help haar vinnig met haar bra en rok. Sy giggel saggies so tussendeur die ernstige gesprek. Toe ek haar klaar gehelp het en self ook klaargemaak het, was dit tyd om spore te maak. Soos ek die deur oopmaak, hoor ek: "Wag, wag, ek moet net gou reël dat die Exco-verslag weer volgende maand persoonlik afgelewer moet word", en sy smile en knipoog vir my.

Dié keer knipoog ek terug en antwoord: "Vir seker."