Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Die Marble Baths


VDM - 2011-07-27

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 
“Kom, ons sal moet roer! Kyk net hoe het die wolke saamgepak.”

Paulien kyk op na die dreigende donderwolke. Sy en Leon het besluit om twee aande te gaan oorslaap by die Marble Baths in die Drakensberge. Dis so ses ure se stap diep die berg in. Die rugsakke is swaar gepak met die tent en kosvoorraad. En ’n bottel wyn – so ’n noodsaaklike luuksheid.

“Hoe ver nog?”

“Dis net om die volgende draai as ek reg onthou.”

Hulle was al voorheen daar. Soos die eerste druppels neerplons, kom hulle by die plekkie waar die tent laas keer gestaan het. Dadelik gooi hulle die rugsakke af en met geoefende hande staan die tentjie in ’n japtrap. Maar nie voor hulle enigste klere sopnat gereën het nie. Dit word koud. Bitter koud so saam met die reën. Maar hulle is nie veel gepla nie. Twee donsslaapsakke wat aanmekaar gezip is, sal vinnig die ding doen. Boonop begin Leon water op die stapstofie warm maak om mee te was. Die nat klere word in ’n plastieksakkie eenkant in die hoek van die tent geprop. Naak lê hulle twee bibberend in die warm slaapsakke terwyl die water op die stofie begin borrel.

“Was jy maar eerste,” sê Leon vir Paulien.

Hy maak solank die bottel De Waal Merlot oop en haal ’n broodjie uit die rugsak. Alles reg vir netnou. Dan lê hy rustig agteroor en hou sy vrou dop terwyl sy haarself begin was. Soos sy bukkend staan voor die skottel stomende water, sien hy hoe haar perfekte borste heen en weer swaai. Die tepels is stokstyf van die koue. Sy leun vooroor om haar hare te was en vanuit sy hoek sien hy hoe haar lippies oopgaap. Hoe pragtig is sy nie! Hy dink hoe ’n gelukkige man hy eintlik is. En hoe lief is hy vir sy vrou! Dis vir hom moeilik om dit altyd in woorde om te sit, maar baie dae sit hy en dink aan haar en sy hart klop warm. Hy wens hy kon dit meer kere in hoorbare terme aan haar vertel. Hy weet net dat hy haar innig lief het en dat sy vir hom die beste vrou in die ganse heelal is!

“Hallo, hallo!”

Verbaas kyk Leon en Paulien na mekaar. Wie op aarde sal hier buite wees in die gietende reën?

“Hallo! Help my asseblief!” Leon spring uit die slaapsak, rits die tent oop en druk sy kop deur die opening. Dadelik voel hy die yskoue druppels. Tien treë voor hom staan ’n deurweekte vrou met ’n dag-ruksak op haar skouers.

“Weet julle dalk waar is die grot hier by die Marble Baths?”

“Ja, dis daar bo.” Leon beduie so half agter sy rug. “Maar daar is nie ’n manier dat jy nou soontoe kan gaan nie. Dis baie steil opklim en jy sal jou doodval. Wag net ’n oomblik.”

Terwyl hy die sak vol nat klere ooppluk, skarrel Paulien na die veiligheid van die slaapsakke. Met bittere spyt trek hy die nat hemp en broek aan. Dis asem-snakkend koud! Maar hy spring uit die tent uit en stap na die vrou. Sy lyk gehawend – haar pikswart hare hang in slierte oor haar gesig, haar skouers hang, haar oë lyk of hulle bloedrooi gehuil is, haar klere hang soos sakke aan haar liggaam.

“Is jy alleen?” vra hy toe hy by haar kom.

“Ja. Dis ’n lang storie,” antwoord sy, terwyl sy die rugsak van haar skouers afhaal.

“Jy beter in die tent kom. Jy gaan doodgaan van die koue hier buite.”

Leon kruip die tent binne, versigtig om nie water op die slaapsakke te laat drup nie. Sy is kort op sy hakke. Hy draai om en vat haar hand om haar in te help, terwyl Paulien die hele petalje vanuit die slaapsak aanskou.

“Dis my vrou Paulien en ek is Leon.”

“Hallo, ek is Jana.”

“Hoekom is jy alleen?”

“Dit was ’n verskriklike misverstand. Vanoggend toe ons begin stap, sien ons dat die kar se band pap is. My verloofde, Jaycee, sê toe hy sal eers na die band moet kyk, anders het ons ’n probleem as ons terugkom. Maar die kantoor maak eers twee uur later oop. Hy gee toe vir my die GPS en sê ek moet solank stadig aanstap, hy sal my inhaal. Maar daar waar mens by die rivier regs draai, kom daar toe ’n sms tussen die berge deur. Hy sê die band sal ingeneem moet word Winterton toe, want dis ’n skeurtjie wat hulle nie daar kan regmaak nie. En met die slegte toestand van die pad kan mens nie waag om sonder ’n spaarwiel te ry nie. Ek bel hom toe en hy sê ek is te ver om terug te draai. Ek moet tot by die Marble Baths stap en dan in die grot slaap. Ek sal veilig en warm wees daar.”

Leon kyk haar met verbasing aan.

“Het jy al in ’n grot geslaap? Waar is jou slaapsak?”

“Alles is by Jaycee. Die slaapsakke, die tent, die stofie. En nee, nog nooit. Dit gaan vanaand my eerste keer wees.”

“Jong, jy het ’n probleem. Nommer een: dis ’n baie steil en glibberige paadjie na die grot. Nommer twee: jy gaan daar doodgaan van koue. Nommer 3: heel waarskynlik is daar Basoetoes wat ook daar skuil. Nee, ons sal ’n ander plan moet maak.”

“Jy sal by ons moet slaap. Het jy nie ’n slaapsak nie?” Vir die eerste keer praat Paulien.

“Nee. Nie eers droë klere nie. In my rugsak is net water, die GPS, my selfoon en bietjie peuselkos.”

“Ons sal ons kos met jou deel. Ons het ’n bottel wyn en ’n brood vir vanaand.”

“O, beplan julle iets spesiaal vanaand?”

Leon en Paulien loer vir mekaar. As sy maar net geweet het wat beteken daai bottel wyn en die brood vir hulle! Hulle staar vir Jana aan. Hulle sien ’n vrou van ongeveer 30 jaar, lang pikswart hare, nie onaantreklik nie, maar op die oomblik baie verwese en ’n blou kring om haar vol lippe. Paulien besluit om ’n plan te maak.

“Jana, ons het dan ’n probleem. Ons het net hierdie twee slaapsakke wat aanmekaar gezip is, ons het ook geen droë klere nie, en jy is besig om te verkluim. Al wat ons nou kan doen is om almal kaal in die slaapsakke te klim. Leon, droog jou af en klim in. Jana, daar is warm water. Was jou gou en jy sal beter voel. Leon, gee die handdoek vir Jana dat sy kan afdroog.”

Blitsvinnig is Leon terug in die hitte van die slaapsak, terwyl Jana nog uittrek. Hy bibber van die koue. Paulien hou hom styf vas, terwyl Jana haarself was. Hulle kan nie veel sien nie, omdat Paulien die slaapsak oor hulle koppe getrek het.

“Waar moet ek inklim?” vra Jana verleë.

“Ek sal teen Leon lê en dan kom lê jy voor my.”

Paulien skuif styf teen Leon en Jana kruip voor Paulien in. Sy voel hoe Jana teen haar afskuif. Dit voel soos ’n soliede blok ys! Al drie lê styf teen mekaar en bibber. Leon en Paulien voel al beter, maar die arme Jana se hele lyf bewe en haar tande klap op mekaar.

“Nee, jy was te lank buite in die koue. Kom ons ruil. Kom lê jy tussen my en Leon dat jy kan warm word.”

Paulien spring gou uit die hitte-kokon en skuif aan die anderkant van Jana in. Jana se tande klap letterlik op mekaar. Maar stadig begin sy beter voel. Maar soos haar liggaamshitte beter word en terugkeer na normaal, begin haar ekstremiteite pyn. Haar vingers is seer, haar voete brand. En die tepels. Die tepels voel of hulle gepynig word deur duisend naalde.

“Leon, hou jou voete op hare en vryf hare met joune dat sy beter voel. Jana, sit jou hande tussen my bene. So ja – jy sal nou beter voel.”

Leon voel al klaar beter – baie beter. Hier voor hom lê twee pragtige naakte vroue! Boonop lê die een se boude teen sy voël. Die hele dag toe hulle gestap het, het Paulien hom geterg in so ’n mate dat hy gevoel het sy balle gaan oorkook. Sy het sonder ’n bra gestap en kort-kort het sy so gestaan dat hy haar pragtige tieties kon sien. Sy het selfs een keer toe hulle gerus het, sy voël uitgehaal en hom stadig begin melk terwyl die son sy balle gebak het. Op ’n ander keer het sy haar broek uitgetrek en haarself voor hom oopgespalk. Hy kon die nektar sien glinster op haar perfekte koekie. Nou lê hy hier met oorvol balle wat net witwarm saad wil uitskiet. En soos hy Jana se voete met syne vryf, beweeg sy onderlyf oor haar boude.

Paulien sit met ’n soortgelyke probleem. Die hele pad na die Drakensberg het hulle mekaar jags gemaak. Vir mekaar vertel wat hulle met mekaar gaan doen. Sy onthou hoe het sy die druppel precum van Leon gelek toe sy hom daar in die son gemelk het. Sy kan ook goed onthou hoe warm sy gevoel het toe sy haar bene voor hom oopgesprei het. Haar tepels het sensitief uitgebult. Sy het so gehoop dat sy teen hierdie tyd ’n klipharde voël in haar kon voel pomp! En nou lê Jana se hand millimeters van haar sopnat en vuurwarm koekie ... Sy is seker Jana kan die hitte voel uitstraal uit haar wagtende lippies.

Jana is deeglik bewus van wat rondom haar aangaan. Soos sy ontdooi, raak sy meer bewus van Leon wat al hoe stywer teen haar boude lê. Sy voel hoe hy al hoe dikker en dikker word, hoe sy opswelling al hoe stywer teen haar druk. En dan lê hierdie vrou met al die perfekte kurwes op al die regte plekke ook styf teen haar. Sy trek haar hande uit om kamstig haar kop te krap en druk hulle dan weer vinnig tussen Paulien se bene in, maar hierdie keer so naby aan Paulien se koekie dat sy die hitte en nattigheid voel. Agter haar skuif Leon rond en die volgende oomblik glip sy semi-ereksie tussen haar boude af en kom tot ruste millimeters van haar koekie af. So onopsigtelik moontlik druk sy terug en voel hoe hy aan haar lippies raak. Terselfdertyd roer sy een vinger en voel hoe Paulien haar bene bietjie oopmaak. Haar vinger kom tot ruste tussen Paulien se lippies. Die slym is vuurwarm.

“Baie dankie, julle twee. Julle het my lewe gered. Ek sou nie deur die nag kon kom nie.”

“Dis ’n plesier. Wat anders kon ons doen?” Paulien sukkel om te praat. Daai vinger tussen haar lippies is besig om haar mal te maak!

“Voel jy darem nou beter?” Leon se stem bewe ook, want sy voël is baie naby aan stokstyf as gevolg van die hitte van Jana se koekie wat liggies teen sy voëlkop rus.

“Ja, dis net my tepels wat nog pyn.”

Paulien trek haar asem op. Sy voel hoe Leon se hand tussen haar rug en Jana se tieties inskuif op pad na haar tepels. Sjoe, sy is nou behoorlik jags! Soos Leon se hand oor Jana se tieties vryf, beweeg Jana se vinger dieper teen Paulien se lippies op en begin met ligte sirkelbewegings al om haar klit.

Dis al donkerig in die tent. Die reën is bietjie ligter, maar is nog ver van ophou af. Paulien besluit om alle pretensies te laat vaar en draai in die slaapsak om. Voor haar sien sy Jana se gesig. Vir die eerste keer bekyk sy haar goed. Pikswart lang hare wat nog klam aan haar wang vasklou, sagte smeulende bruin oë, die mooiste vol lippe wat effens uitmekaar is. Paulien is honger ... honger na daai lippe. Soos ’n onverklaarbare en onsigbare magnetiese krag trek dit haar aan. Stadig beweeg sy nader en sit haar lippe liggies verkennend op Jana se lippe. Dadelik maak Jana haar mond groter oop en lek met haar tong oor Paulien se tong. Dartelend dans die twee se tonge in mekaar se monde ... Ligte verkenning het plek gemaak vir verterende hartstog. Albei word so vasgevang in die oomblik dat die wêreld vir beide stilstaan in ’n spontane orgasme.

Leon beleef hierdie oomblik as iets baie spesiaal. So ’n tere en heilige stonde. Sy voëlkop het ingekruip tussen die warm lippies van Jana. Sy lig haar een been op en hy glip binne-in.

“Paulien, is dit ok dat Leon my penetreer?” Jana praat met ’n hygende stem.

“Ja, maar dan wil ek jou eers ruik. Kom sit hier op my gesig.”

Jana klim uit die slaapsakke, zip dit heeltemal oop en hurk oor Paulien se gesig. Haar gesig is na Paulien se voete gedraai. Paulien trek haar asem diep in en verheerlik haar in die aroma van hierdie spesiale vrou.

“A,” sê sy, “jy ruik soos daardie bottel Nardus-olie wat ons het!”

Leon sit sy gesig nader en saam met Paulien asem hulle die reuk in wat uitstraal uit Jana uit. Dan, terwyl albei probeer ruik, soen hulle mekaar innig. Hulle voel op die oomblik so spesiaal ...

“Ek wil bietjie vir Jana eet. Kom staan hier by my kop en dan buk sy vorentoe. Terwyl ek haar eet, dan pomp jy haar.”

Jana leun vorentoe en sak af totdat sy te ruste kom op Paulien se mond. Sy kan nie meer wag nie!

“Naai my! Sit jou piel diep in my! Lek my klit, lek my klit, lek my klit!”

Terselfdertyd wat Leon sy piel diep in haar fluweelsagte poesie instoot, lek Paulien se tong oor haar klit. Dit voel vir haar of sy gaan ontplof! Dan bêre sy haar gesig tussen Paulien se oopgespreide bene en begin haar gulsig te eet. Paulien voel hoe Jana se tong honger haar lippies skoonlek en heen en weer oor haar klit gly.

“Ek moet julle tweetjies net waarsku. As ek kom, spuit ek baie!”

“Dan sal ons moet oppas, want Paulien spuit net so baie. Sorg dat julle alles in julle monde kry, sodat die slaapsakke nie nat word nie.”

“A, wonderlik! Paulien, soos ’n bokkie dors na water, so dors ek na jou heuning! Ek gaan jou leeg drink vanaand!”

Leon voel hoe sy balle begin oorkook.

“Waar moet ek kom?” vra hy kortasem.

“Spuit jou saad diep binne my! Sulke lang stringe spierwit skoot! Was my binneste met jou wit sperm!”

Toe Paulien dit hoor, kan sy nie meer nie. Die woorde in haar ore en Jana se tong wat oor haar klit vlinder, is net te veel. Kreunend voel sy hoe die hitte in haar opwel ... en dan bars die walle van haar teenstand. Haar heuning spuit in Jana se mond. Gulsig drink Jana alles. Leon en Paulien hoor hoe sluk sy die nektar weg!

Dit stoot Leon oor die afgrond. Vuurwarm stringe spierwit skoot word diep in Jana se binneste ingepomp. String vir string. Jana voel hoe pols sy piel in haar. Dan staan sy vinnig op.

“Lê julle twee langs mekaar. Ek wil bo-oor julle staan en oor julle kom.”

Vinnig gaan lê Leon langs Paulien. Hulle tonge soek honger na mekaar, maar hulle oë is na bo gerig. Jana staan bo hulle gesigte en vryf haarself.

“Hier kom dit! Ontvang dit met liefde! Die lewende waters vloei uit my binneste!”

Op daardie oomblik sprei sy haar bene oop en begin sy spuit. Terselfdertyd peul Leon se skoot uit haar poesie uit en spat saam met Jana se nektar oor Leon en Paulien. Gulsig lek en soen hulle mekaar. Wat ’n volmaakte erotiese oomblik. Hulle kreun van ekstase.

Jana sak op albei neer. Die drie lê met lam bene en hygende asems.

Dan sit Jana regop.

“Waar is daai brood en wyn? Kan ons dit nou met mekaar deel?”