Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Leerskool


Roel - 2011-07-27

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek onthou dit so goed as gister, toe my leerskool in die skonere geslag begin het. Ek was gelukkig in die sin dat ’n veel ouer vrou my deur die leerskool gesit het. Maar wag, voor ek die storie vooruit vertel, laat ek begin by die begin.

Ek was ’n plaasjapie op universiteit toe dit alles begin het. My ma se kollega se man is ’n paar maande tevore oorlede en gedurende een van die vakansies het ons by haar gaan kuier. Dadelik het ek opgemerk dat sy anders as altyd optree, maar het dit wat ek aanskou het, vir myself gehou.

’n Paar dae later wou ek dorp toe gaan om my ou vriende te gaan opsoek. My ma het my gevra om by die tannie te stop om ’n paar goedjies vir haar te neem. So gesê so gedaan en daar trek ek dorp toe.

Ek het eerste by die tannie gestop met die gedagte dat dit my langer tyd saam met my vriende sal gee. Sy het my oorreed om eers ’n koeldrank te drink, seker maar alte bly om ’n bietjie geselskap te kry, het ek gedink.

Terwyl ons so sit en koeldrank drink, vra sy my uit die bloute of ek nie haar voete en kuite wil room smeer nie, met die verskoning dat sy nuwe skoene gedra het. Met ’n “OK Tannie” is sy daar weg om die nodige roompies te gaan haal.

Sy het op die bank gaan sit en haar enkellengte-romp tot by haar knieë opgetrek. Ek het op die mat gaan sit en die room versigtig in my hand gegooi en toe begin smeer. Sy het gou-gou met ’n sagte stem vir my instruksies gegee oor waar moet ek hard vryf en waar moet ek sag vryf en hoe om my hande en vingerpunte te gebruik. Met die een been klaar het ek anderkant toe geskuif en die ander voet en kuit begin vryf soos sy vir my gesê het.

Nadat ek klaar was, het ek kruisbeen voor haar gaan sit en al twee haar voete en kuite liggies begin streel. Van haar voete tot by haar knieë en dan weer terug. Sy het toe-oë gesit en my vertel hoe lekker dit is en dat ek nie moet ophou nie. Op daardie stadium was my hormone goed deurmekaar – ek het nie geweet waarnatoe die situasie gaan nie.

Op ’n stadium het sy my met smeulende oë aangekyk, haar voete verplaas en haar bene wyd oop gemaak. Saam met dit het sy haar romp baie hoog opgetrek sodat ek vaskyk in haar pantie. Met ’n baie skor stem het sy my gevra om verder te streel. Ek het skoon gebewe toe ek weer begin en daar was ’n moerse horing in my broek. Haar liggaam het begin lewe onder my vingerpunte. Ek het al hoër op gegaan en dit was asof sy haar bene wyer oopgemaak het. Tot by haar pantie het ek gestreel en weer af. Die volgende keer toe my hande amper weer by haar pantie is, het sy my hand gevat en met my hand oor haar pantie reg oor haar poesie gevryf. Haar liggaam het geruk en ek het amper gekom. Sy het my hand gelos en ek het weer probeer om haar bene te streel, maar het so gebewe van opgewondenheid dat ek omtrent nie meer gestreel het nie. Sy het vir my gesmile en gevra of ek al ’n vrou se skaamdeel gesien het. Ek kon nie my stem vertrou nie en het net my kop geskud. Sy het so ’n bietjie vorentoe geskuif en haar pantie eenkant toe getrek. Bliksem, wat ’n mooi gesig. Weer het sy my hand geneem en dit oor haar poesie gevryf. Sy het so geruk dat sy haar hande weggeruk het. “So gaan dit nie werk nie,” het sy gesê.

Ek dog toe dat die hele ding nou verby is en dat ek nou my ry moet kry. Maar sy het opgestaan, haar romp en pantie uitgetrek, en weer wydsbeen voor my kom sit. Sy vra my toe om op my knieë voor haar te kom staan terwyl sy haar bloes losknoop en haar bra uittrek. Haar tepels was hard en donker gewees. Sy het my hande gevat en op haar borste geplaas en so begin die tweede les. In ’n sagte stem het sy my gelei hoe om met haar borste en tepels te speel. Toe sy tevrede was dat ek dit goed regkry, het sy my kop nader getrek na haar tepel toe en my weer eens gelei. Sy het saggies begin kreun.

Nadat ek al twee haar tepels gesuig het, het sy my die fynere kunsies van soen geleer.

Sy vra toe vir my om my klere uit te trek. In ’n japtrap staan ek voor haar met ’n horing wat skrik vir niks. Sy het my nader getrek en my begin suig. Dit was bliksems lekker. Sy het seker agtergekom dat ek baie naby was. Sy het my gelos en gevra dat ek weer voor haar gaan sit.

Die volgende les het begin. Sy het haar skaamlippe oopgesprei en vir my alles gewys van waar haar klitoris is tot by haar opening. Elke keer as sy aan haar klit geraak het, het sy geruk van lekkerkry. Sy het haar vinger in haar opgedruk en haar rug het krom getrek. Teen hierdie tyd het sy ook hard asemgehaal. Sy het haar vinger uitgetrek en na my toe gehou. Haar vinger het geblink van haar sappe. “Proe hoe proe ’n vrou wat genaai wil word,” het sy vir my gesê. Ek het haar vinger afgelek en haar smaak was hemels vir my.

Sy het my agter die kop beet gekry en gesê: “Eet my, ek wil ’n orgasme kry.” Ek het haar klit begin lek en suig soos sy my vertel het. Haar hele liggaam het geruk en gebewe. Sy het my beveel om my vinger in haar op te druk en haar hard te vinger terwyl ek haar eet. Sy het begin moan van al die lekkerkry. Ek het nog ’n vinger in haar opgedruk.

Haar hele liggaam was soos ’n snaar gespan toe sy skielik skree dat sy gaan kom. Sy het teruggeval, geskree en my vingers en mond hard gery deur haar orgasme deur. Sy het my opgetrek na haar toe en my begin soen en my ken skoon gelek.

Nadat sy redelik bedaar het, het sy gevra dat ek haar moet naai. Ons het saam gekyk hoe sy met haar hande my voëlkop in haar in druk. Ek het skaars kans gekry om haar hitte te geniet toe die dier in my oorneem en ek haar begin stamp het. “Fokkit, dis lekker!” het sy geskree terwyl ek haar hard gestamp het. Dit was ook nie lank nie toe voel ek hoe my kom naderkom. Ek wou nog stadiger gaan toe sy sê ek moenie stadiger nie en dat ek diep in haar moet kom. Ek het haar toe alles gegee wat ek kon tot ek diep in haar ontplof het. Sy was op my hakke en het ook weer gekom.

Ek het op die bank gaan lê terwyl ek gesnak het na my asem. Sy het oorgeleun en my in haar mond geneem en skoon gelek. Sy het opgeskuif langs my en my begin soen. Sulke lang en rustige soene.

Na ’n tydjie het ek gevoel ek word weer styf. Sy het dit ook gevoel en my in haar hand geneem en my begin streel.

Teen die tyd wat ek weer reg was vir haar, het sy op haar knieë gaan staan en my gevra om haar van agter af te penetreer. Sy was nog steeds nat en ek het maklik ingegly en haar hard gery tot ons volgende orgasmes.

Die res van die middag was een lang gespykery gewees. Kort-kort het sy my nuwe dinge geleer van hoe om dit lekker te maak.

My tril en ballas was baie seer toe ek uiteindelik van haar weggery het, met my vriende heeltemal vergete. Ek moes haar eers belowe dat ek weer sal kom kuier voor die vakansie verby is, maar dis ’n storie vir ’n volgende keer.