Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Snars poëtika

Vyf gebruike vir ’n berggansveer


Bibi Slippers - 2011-07-21

Die week in woorde


As ’n berggans nou toevallig verby my woonstel in Kaapstad sou vlieg, en ewe toevallig in die proses ’n veer laat sou val, het ek toevallig reeds vyf idees gereed vir die praktiese aanwending van dese veer. Ek deel hierdie nuttige huishoudelike wenke onder die vaandel van praktiese poësie:


  1. Maak jou toetsbord skoon. Gebruik die veer om die krummels en stof wat in die krake versteek is, uit te grou. ’n Skoon toetsbord is een van die geheime van suksesvolle skrywers. Vir ander geheime, lees Fanie Naudé se raad vir kortverhaalskrywers hier.

     
  2. Gebruik hom as boekmerk. As jy wonder wat om te lees, oorweeg een van die twee digbundels wat dié week op LitNet bespreek word: Die lekkerste perske is ’n vy en As die woorde begin droom.

  3. Dip die ding in ink en teken iets daarmee. Jy ken die ou storie van ’n prentjie wat ’n duisend woorde spreek? Laat praat daai veer! As jy inspirasie benodig, klik hier. Dis ’n visuele onderhoud met kunstenaar-digter Anne-Ghrett Erasmus, waar die woorde en beelde ewe hard praat.

     
  4. Kielie iemand se oor daarmee. Hulle sal onmiddellik verstaan dat jy probeer kommunikeer hoe diep jou liefde vir hulle lê – sonder dat jy ’n enkele woord hoef te sê.

  5. If all else fails: skryf iets. Soos in die goeie ou dae ... En onthou my volgende brokkie praktiese raad: die enigste manier om iets te skryf, is om iets te skryf.

 

Hierdie week op LitNet