Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Biografie van ’n Bende: Antwoord op wenvraag


Annie Klopper - 2011-07-20

Untitled Document

Biografie van ’n Bende: Die storie van Fokofpolisiekar
Skrywer: Annie Klopper
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781869193423
Prys: R180.00


Klik hier en koop Biografie van ’n bende nou van Kalahari.net!


Fokofpolisiekar is so invloedryk dat daar reeds ’n paar groepe is wat probeer om soos hulle te klink. Wat sou jy sê is dit wat Fokofpolisiekar uniek en onnabootsbaar maak en waarin hulle grootste krag lê?

’n Mens sou ’n hele studie kon doen in antwoord op hierdie vraag – een waarin gekyk word na die sosio-politieke en historiese konteks van die tydvak waarin Fokofpolisiekar ontstaan het en ’n invloed gehad het, asook na hulle voorgangers. Maar kortom dink ek dat hulle groot krag lê in hul outentisiteit, die feit dat hulle eerste die lont aangesteek het tot ’n sekere nuwe en groot wending in Afrikaanse musiek. Hulle het ’n ontsettend reguit en eerlike houding gehandhaaf en het in die eerste plek musiek geskryf met hulle en hul vriende as die voorgestelde teikenmark eerder as om ’n reeds beproefde resep te gebruik – hulle het dus outentisiteit en eerlikheid gekies bo beproefde resepte vir kommersiële sukses en dít is wat hulle vir aanhangers so aanloklik gemaak het. Verder was daar agter die skerms harde werk aan die gang; nie slegs met betrekking tot toerskedules nie, maar ook in die slyp van die musiek en lirieke. En in laasgenoemde se aanklank by ’n Afrikaanse generasie in ’n oorgangsfase lê miskien Fokofpolisiekar se grootste krag. Laastens, en dít het ek met die skryf van Biografie van ’n bende geleer, is hierdie vyf ouens die beste van vriende met ’n gedeelde geskiedenis en vyf persoonlikhede wat mekaar op ’n baie unieke en spesiale manier aanvul. Die groep sou nie dieselfde gewees het indien die kombinasie van mense en hul talente en swak en sterk punte enigsins anders was nie.

Groete

Annie