Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Gepubliseerde digters

die moontlikheid van taal


Cornel Judels - 2011-07-19

hoe sou ek ’n liefdesgedig
van stapel stuur
om eenvoudig te sê:
ek het jou lief

sou ek begin met jou naam
wat lêplek eien in die buidel van my borste
of met jou hande
wat fomente rondom my vergaar

sou dit sinvol wees
om oortollighede
delikaat by te voeg
byvoorbeeld:
“as jy na my roep uit jou keel
gaan daar ’n vogtige voetpaadjie oop
in ’n ruie bos”

liefs nee!

sonder om die leser te verwar
met beelde wat metafore
kruis
my hart
het jou bloot liewer as vir my