Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Feeste | Festivals > Kennisgewings | Notices

Aansoeke vir optrede by 2012 se US Woordfees nou oop


2011-07-19

Untitled Document

Die US Woordfees wag aansoeke in vir woordkunstenaars wat in 2012 deel van dié besondere geleentheid op Suid-Afrika se kulturele kalender wil wees. In 2011 het dié snel groeiende fees meer as 71 000 feesbesoeke ontvang.

2012 se Woordfees vind plaas vanaf 2 tot 11 Maart. Die tema is “Groen”.

’n Aansoekvorm kan afgelaai word op die Woordfees se webwerf (www.woordfees.co.za). Indien belangstellendes ’n aansoekvorm in Word-formaat wil hê, kan dit aangevra word by fees@sun.ac.za.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Augustus 2011.

Vir meer inligting, skakel 021-808 3513 of 021-808 2901.